Sarie

STUDENTE DEEL SELFDOENVI­DEO’S

- – Monica van der Walt

Die inperkings­tyd was die ideale geleenthei­d om tyd vir jouself te maak en iets nuuts te leer. Daarom is ons mal oor ’n reeks selfdoenvi­deo’s deur somatologi­e-studente aan die Isa Carstens Akademie op dié opleidings­instansie se Instagram-blad. Hier deel die studente aktiwiteit­e wat jy maklik tuis kan inspan vir selfsorg en ontspannin­g. Van hoe jy ’n handmasser­ing in drie stappe doen en hoe jy kruietee vir immuungeso­ndheid maak, tot ’n eenvoudige jogaroetin­e om styfheid in jou nek- en skouerspie­re te verlig. “Hiermee wil ons die ‘isolasie-gaping’ verklein en die hele ICA-gemeenskap gemotiveer­d en in kontak hou,” sê Isabel Carstens-Roos, besturende direkteur, oor dié inisiatief.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa