Sarie

BOND BLY IN DIE NUUS

- Honor Blackman

Die 1964-film Goldfinger, deur baie fliekfoend­i’s as dié 007-fliek gereken, het vanjaar ’n tweede keer die nuus gehaal. Die gehawende hardebolke­il van die fliek se huurmoorde­naar Oddjob (Harold Sakata) is vir

£30 000 (sowat R640 000) op die TV-program Antiques Roadshow gewaardeer. Dié “dodelike wapen” se vlymskerp staalrand is verwyder toe dit as aandenking vir ’n Aston Martin-bestuurder op stel gegee is. Die huidige eienaar het dit as kind by sy swaer (die bestuurder) gekry en hy en sy maats het dit “vodde gegooi”. Aktrise Honor Blackman, wat die beroemde Pussy Galore in die fliek vertolk het, is in April in die ouderdom van 94 oorlede.

Bronne: The Guardian, Sky News * Die uitreiking van die nuwe Bond-fliek, No Time to Die, is tot November uitgestel weens Covid-19.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa