Sarie

BARBIE SE VELE GESIGTE

-

Sy is 61 jaar oud, maar Barbie herskep haarself steeds. Die jongste Barbie uit die Fashionist­a-reeks van Mattel het die velsiekte vitiligo nadat baie aanhangers vir so ’n pop gevra het noudat dié toestand deur topmodelle soos Winnie Harlow en Shahad Salman “genormalis­eer” is. Daar is nou ook ’n Barbie met ’n kaalkop en een met ’n kunsbeen. Selfs haar jare lange vriend Ken se hare hang tot net onder sy skouers.

Bronne: Washington Post, USA Today

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa