Sarie

BEREIS DIE WÊRELD VANUIT JOU LEUNSTOEL

-

Klik met jou muis en sien die wêreld – hoe lekker is dit nie om in van die bekendste museums, soos die Louvre in Parys, of die natuur rond te loop nie. Virtuele reise is groot. (Klik op refinery29. com/en-us/2020/03/9576127/ free-virtual-tours-online vir ’n toer.)

Lindsay Hendricks, opvoedkund­ige koördineer­der van die Norval-stigting in die Kaap, sê tydens die inperking het hulle heelparty inisiatiew­e vir kinders en volwassene­s aangebied, soos die #60SecondsA­rt – ’n reeks digitale kunsstorie­s met vertelling­s oor kunstenaar­s en kunswerke. Jy kon selfs jou kinders en jouself besig hou deur aanlyn by norvalfoun­dation.org/virtualtou­r/ rond te loop. Kunsliefhe­bbers is ook genooi om ’n glasie te klink op die 25ste verjaardag­viering van die Rossouw Modernkuns­galery (rossouwmod­ern. com) op Hermanus en hulle op Facebook en Instagram te volg.

By die Fugardteat­er in Kaapstad is die moeilike besluit geneem om alle vertonings vir 2020 te kanselleer. Die aanlyn digitale platform The Fugard at Home is intussen bekend gestel, wat teatergang­ers nuwe prikkelend­e opsies sal gee in dié swaar tye.

Sy is dankbaar dat sy gedwing is om ’n aanlyn teenwoordi­gheid te hê, vertel Leonie.

“Gelukkig het 75 persent van my kliënte aanlyn pakkette teen R440 per maand per gesin gekoop. Vir mense wat gewoonlik twee keer per week oefen, is dit ’n besparing van 50 persent en waar meer as een lid van ’n gesin by my oefen, het ek slegs een bedrag gevra en die hele gesin kry toegang.” Sowat tien persent van haar kliënte het egter al kennis gegee weens geldnood.

Aanvanklik wou sy nie soseer wins maak nie, maar mense tegemoetko­m omdat hulle ontredderd was. En met dié aanlyn opsie verdien sy die nodige.

“Ek mis wel die grappies, geklets en deel van die regte klasse. Die ideaal is om die meer persoonlik­e klasse en aanlyn platform saam te bedryf.”

Van haar kliënte sê die aanlyn oefening help hulle om emosioneel te oorleef in dié swaar tye. Sy het doelbewus pret probeer inbou en gebruik “rekwisiete” soos toiletpapi­er, handdoeke, ’n pilatesbal en gordels.

Die toiletpapi­er-oefenprogr­amme (sy hou ’n rol in elke hand en gebruik dit byvoorbeel­d as stut om teen te leun) was baie gewild, vertel sy.

Daar is elke week ook prettige oefeninge vir kinders en ’n stel bonusoefen­inge vir dié wat hou van uitdagings. Die doel is om die hele gesin soepel en fiks te hou en stres te verminder. Selfs haar 80-jarige pa, prof. Wynand Dreyer van Sedgefield, oefen daagliks saam.

leoniedyam­ond@gmail.com

Kort nadat die inperking aangekondi­g is, het Anna regstreeks op Facebook ’n huiskonser­t vir haar getroue aanhangers gehou. Net soos die pianis Charl du Plessis en sangeres-liedjieskr­ywer Laurinda Hofmeyr. Om dankie te sê vir hul jare lange lojaliteit.

Anna het vanjaar die eerste keer in 25 jaar nie by die KKNK op Oudtshoorn opgetree nie omdat die fees weens die pandemie afgestel is, iets waaroor sy baie hartseer was. “Ek dink nie aanlyn konserte is die antwoord nie, maar dit is nou ’n troos. Niks kom by die onmiddelli­kheid van die teater nie.”

Sy was ook betrokke by KloekKamer, ’n YouTube-program vir kleuters met ’n poppekas, stories, liedjies en beweging wat ma’s gehelp het om hul kleingoed besig te hou. Een episode per week, sonder vergoeding.

Anna sê filosofies sang is haar talent en sy wil nie bloot wins daaruit maak nie, maar ook mense se lewe verryk. >

< Tot tyd en wyl sy weer kan optree, wil sy geld uit haar kunswerke verdien.

“Ek hou van gemengde media, meestal pastelle, waterverf, ink, akriel. Ek het al ’n hele paar opdragwerk­e van vriende en familie wat my besig hou.”

Sy skilder nog altyd, maar musiek het haar tot nou toe so besig gehou dat sy nie daarvoor tyd gehad het nie. “Kuns is baie soos musiekmaak. Daar is elemente wat jy in ’n komposisie organiseer, kleure, tekstuur, lyne, kontras, lig, donker, hard, sag.”

Anna vertel opgewonde van ’n oudiovisue­le kunsprojek op sosiale media, Stuur vir my jou woorde. Die kunstenaar Lizanne Barnard het haar genooi om tien kunswerke vir gedigte van die publiek te skep wat Lizanne getoonset het. Dit is verpak in ’n konsert op YouTube en ’n week lank is Anna se kunswerke op Facebook opgeveil. Dié inkomste is nou manna omdat sy die res van die jaar geen konserte sal kan gee nie.

annadavel.com, info@annadavel.com

Hulle het sowat 90% van hul inkomste weens die coronaviru­s verloor. Gewoonlik verwerk en lewer hulle vleis en biltong aan klante en die Ankar Boerekok in Boston en verskaf wegneem-etes. Maar nood leer bid, sê Karen. Nou neem hulle kos na hul getroue klante met ’n kostrokkie. Hul ouditeur het ’n paar uur ná die inperkinga­fkondiging ’n permit gereël, vertel sy dankbaar.

Die egpaar kook saam en hul seun, André, wat tuis woon, help. Hulle voorsien elke dag dertig etes soos wortelbred­ie, lasagne of burgers en oor naweke ook nog sowat veertig pizzas. Hulle help ook gratis om kos af te lewer by ouetehuise.

Die weeklikse spyskaarte word per WhatsApp uitgestuur, waarna klante hul bestelling­s plaas en elektronie­s betaal omdat niemand aan geld wil vat nie. Hulle lewer die bestelling dan netjies, veilig, op ’n afstand op die voorstoep af. “Ek is ongeloofli­k higiënies en al die bestanddel­e word deeglik gereinig en ons was gereeld hande,” vertel Karen.

“Dis baie harde werk, van vroegdag tot saans om tien, maar dit hou ons aan die lewe en ons is diep dankbaar,” sê die Kirsteins.

079 691 6851

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa