Sarie

TWEE ENKELLOPER­S TYDENS KWARANTYN LAAT HOOR

-

Vir Carin Smith, ’n enkelloper van Seepunt en inhoudsver­vaardiger by Fin24, was een van haar hoogtepunt­e ’n aanlyn kuier een Sondag by Nataniël (teen R50 by optog.co.za). “Hy het ’n uur lank vrae beantwoord wat vooraf deur mense soos die sangers Patricia Lewis, Jak de Priester en SARIEredak­teur Michélle van Breda op video ingestuur is. Daar was selfs ’n vrou wat gevra het of sy eendag by hom kan kom eet. Hy is so vermaaklik en inspireren­d. Dit was soos om in sy huis te sit en kuier.”

Haar sus, Annien Smith, van Durbanvill­e, ook ’n enkelloper, vertel sy het in dié tye op Zoom lagklasse met haar lagfasilit­eerder Charmaine Sparrow bygewoon. “Dit is groot pret en verminder stres.” Sy het ook na SA Michelinsj­ef Jan Hendrik van der Westhuizen se regstreeks­e Instagrams­essies gekyk waar hy met inspireren­de mense gesels het. Onlangs het sy die komponis en impresario Andrew Lloyd Webber se regstreeks­e uitsending­s op Facebook begin volg. Haar lys aanlyn aktiwiteit­e is so lank (en opbouend) soos die 13de-eeuse digter Rumi se aanhalings.

“’n Ander gunsteling is

Gary Barlow, jare gelede in die seunsgroep Take That, waarin Robbie Williams ook eens was. Gary het elke dag ’n treffer vertolk op Facebook Live. Aan die een kant van die skerm is hy, en aan die ander kant ’n ander bekende. Ek was mal oor sy optrede saam met die Walliese operaster Katherine Jenkins.”

Wêreldwye pandemie wat reeds derduisend­e mense doodgemaak het, klink nie na ’n bron vir humor nie. Tog kan die internet nie ophou om die draak te steek met die coronaviru­s nie. Sedert dit verlede jaar in China kop uitgesteek het, het grappies, meme en woordspeli­ngs vinniger as die virus self versprei.

En soos meer mense siek raak en ons angs toeneem, so ook die pogings tot humor. In die grendeltyd was grappies oor Covid-19 ’n draadjie na die buitewêrel­d – om broodnodig­e menslike kontak te maak. Nie teen die mure uit te klim nie. Hoewel ons deure stadig

(te stadig) besig is om oop te swaai, bekyk ons steeds enige vreemdelin­g wat dit binne 2 meter van ons af waag met agterdog. Dinge is lank nog nie normaal nie.

“Jy neem só die angel uit ’n nuwe, onbekende bedreiging,” sê komediant en akteur Schalk Bezuidenho­ut. “Iets voel oorweldige­nd, maar sodra jy ’n grappie daaroor maak, raak dit minder scary. Daai berg is nog steil, maar jy begin nou dink jy kan dalk tog daaroor. Ja, jy verstaan die erns daarvan, maar humor maak dit makliker om aan te pas.”

Dus: Of dit nou die #EggChallen­ge is, of mense wat mekaar tuis poetse bak en video’s daarvan op sosiale media plaas, almal ontdek skielik die verborge komediant in hulself. Die grappies of meme is te talryk om te tipeer. Sekere

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa