Sarie

Kleur as medisyne

- LYDIA VAN DER MERWE Lien Potgieter Claire Bond NAOMI ESTMENT Jackie Burger BRUCE HILL JAN HENDRIK VAN DER WESTHUIZEN

DEUR VAN LINKS

Só word wit in baie Westerse lande gebruik om onskuld en reinheid te verteenwoo­rdig; in baie Oosterse lande is dit ’n simbool van rou. “Kleur is ’n universele taal. Ons vertaal dit dalk nie almal dieselfde nie, maar dit bly steeds ’n kommunikas­iemiddel,” sê Lien.

Op ’n basiese vlak is kleur soos medisyne as jy dit spontaan en intuïtief kies, volgens stylghoero­e Jackie Burger. Jy voel vandag jy wil net by die huis sit, dis koeler met grys wolke wat laag hang. En jy is lus vir grys. Dit mimiek op ’n onbewustel­ike vlak wat jy soek, ’n gevoel van knus wees. In die lente speel groen en geel weer ’n rol. “Ek moet ’n paar goed in my kas hê. Nie ’n rooi hemp nie, wel ’n ou rooi trui. Die gryse is meer in winterteks­ture, witte in linne en katoen. Ek is lief vir ’n koue blou. Dit spreek tot mý,” sê sy.

Elkeen van ons moet dus leer wat ons kleur- en tekstuurta­al, ons styltaal is. Dáár begin. Word jy gestroop tot wie jy in jou essensie is, verkies jy dalk geel of blou bo wat ook al die modekleur is. Daar is ook ’n evolusie, met die jare kan jy meer eksperimen­teel, speels raak. Soos Jackie sê: “Jy moet heeltyd jou hand op jou stylboesem hou. Wie is ek vandag? Ek hoop die tyd van afsonderin­g het ons minder afhanklik van die buitewêrel­d gemaak – die meeste mense kry hul fix van buite af in plaas van binne.”

Die sosiale media het ’n imageekono­mie geskep. Als gaan deur daardie filter en jy wys dalk die wêreld ’n beeld wat nie eg is nie. Voeg dáárby die voorskrift­elikheid van die mode. “Mode gee ons kans om kreatief te wees, onsself uit te druk. Maar as dit ’n trapmeul word waarop jy hardloop, verloor jy jouself. Jy trek nie vir jouself aan nie, maar vir goedkeurin­g, om in te pas.

“Ons lewe nou eenmaal nie in isolasie nie, maar is heeltyd in voeling met die buitewêrel­d. Die kraai in ons sal altyd sê: ‘O, dis mooi, ek wil dit hê.’ Hou egter jou eie filters gesond wat dinge uit die buitewêrel­d filtreer. Dan kan jy bewustelik kreatief begin speel. Die impulse uit die wêreld daarbuite gebruik, maar self besluit wat ’n modetenden­s of -kleur vir jou siel doen.”

’n Tendens van ons tyd is om te wil afskaal, hand in eie boesem te steek. Dis nou ’n goeie tyd om te besluit: Dís wie ek is. Dís die kleur, tekstuur, mode wat my gelukkig maak. Die vere maak die voël, lui die gesegde. “Maar kyk jy regtig na mense met styl, selfs al dra hulle ’n oorpak, hulle dra wat hulle gelukkig maak en dís wat hulle uitstraal,” reken Jackie.

Lien vul aan: Maak seker jy weet hoekom jy sekere waardes en betekeniss­e aan kleur heg. Vorm jou eie mening. Die enigste manier wat jy dit kan doen, is om bewus te raak van hoe jou lyf en gemoed op verskillen­de kleure reageer.

So waar begin jy om meer kleur by jou lewe te voeg? Lien: “Die vertrek waarvan jy die meeste hou, die meeste tyd deurbring of werk, moet die kleur van jou hart bevat. Daardie een kleur wat jou kinderlik gelukkig maak. Of jy nou ’n muur verf, ’n skildery ophang,

 ?? FOTO FOTO FOTO STOELFOTO ??
FOTO FOTO FOTO STOELFOTO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa