Sarie

KOP TOT TOON

-

Blootstell­ing aan elke individuel­e kleur het ’n effek op jou lyf, sê Claire Bond, kleur- en verfkenner van BondThruCo­lour. Jou liggaam het sewe energiepun­te van die onderpunt van jou ruggraat tot by jou kroontjie. Elkeen word met ’n kleur verbind en beheer ’n deel van jou lyf. Rooi is gekoppel aan oorlewing, oranje kreatiwite­it en seksualite­it, geel selfvertro­ue, blou kommunikas­ie, groen emosies en indigo en pers selfbewuss­yn en spirituali­teit. “Let op watter kleure jy elke dag deel van jou lewe maak,” sê sy. “Soos die kleure wat jy graag eet, by jou dekor insluit. Dit sal jou ’n goeie idee gee waarvoor jy ’n voorliefde het en belangrike­r, waarvan jy nie hou nie.” Gebruik jy bv. dikwels nie rooi nie, moet jy meer aktief raak. Oranje: Leer iets nuuts. Groen: Oefen om meer welwillend te wees. Blou: Gesels met kollegas en vriende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa