Sarie

HERWINNING VAN HOOP

-

Tshepo Mazibuko van Katlehong was vier jaar lank werkloos. Om kos in sy gesin se mae te sit het hy herwinbare vullis begin optel. “Ek was trots op my eerste sak vullis. Maar dit was waardeloos: Ek moes leer onderskei tussen nuttelose rommel en herwinbare goed.”

Tshepo het gou besef een van die grootste uitdagings is die vervoer van afval na die herwinning­sentrums wat dit terugkoop. Dis gewoonlik ver van die townships af en die vullisopte­llers moet ’n groot deel van hul dag daaraan bestee. Ná 18 maande het sy vrou, Thando, ’n lening gekry en ’n tweedehand­se bakkie aangeskaf. Hulle het die ander se optelgoed teen ’n verminderd­e prys gekoop en na die herwinning­sentrum geneem.

Dit was die einde niet. Met ’n twee weke lange entreprene­ursprogram van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) agter die blad en geld van onder meer Zimele, Anglo American se ontwikkeli­ngsfonds, het hy sy eie herwinning­sentrum in die township begin. Ook nog twee voertuie aangeskaf, insluitend ’n 4-ton-trok. K1 Recycling, sy en Thando se besigheid, versamel tans 80 ton herwinbare afval per maand en het ’n indirekte werkerskor­ps van sowat 1 000. Dikwels is dit werklose vroue en die gesin se enigste broodwinne­r.

K1 Recycling snoer nou kragte met onder meer supermarkt­e saam vir die skep van ’n eenvoudige stelsel om herwinbare afval by lae-inkomstege­meenskappe te versamel – ’n mobiele herwinning­sentrum wat Packa-Ching genoem word. Jy word per selfoon betaal (e-beursie) en kan lugtyd koop, kontant trek of by deelnemend­e winkels daarmee betaal. PackaChing is tans aan’t woel in Langa, Kaapstad, Buffalo City, Oos-Londen en Ivory Park, Johannesbu­rg.

Vir meer: k1recyclin­g.co.za; packaching.co.za. Bykomende bron: unenvironm­ent.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa