Sarie

LIPSTIFFIE IN DIE GESKIEDENI­S

- PROBEER: M.A.C Amplified Lipstick in Neon Orange (R260) PASMAAT-PARFUUM: Berdoues Collection Grands Crus Scorza di Sicilia (R1 595 vir 100 ml EDP). By uitsoektak­ke van Truworths en Foschini en foschinifo­rbeauty.co.za Sitrusgeur­e kan angs en spanning verli

Reeds in antieke tye het vroue instinktie­f geweet daar lê krag in rooi lippe. Hulle het selfs nie geskroom nie om ’n kombinasie van giftige bestanddel­e te gebruik vir ’n bietjie kleur op hul lippe. Tydens die Tweede Wêreldoorl­og het vroue wat in fabrieke moes werk, rooi lipstiffie gekry om hul gemoed te lig en produktiwi­teit te verhoog. Die dra van lipstiffie is gesien as ’n patrioties­e plig. Ná die 9/11-terreuraan­valle het lipstiffie­verkope in Amerika die hoogte in geskiet. Dié verskynsel, ook tydens die Groot Depressie van die 1930’s gesien, is die lipstiffie-effek gedoop. Kortom: In ekonomiese krisistye daal die verkope van byna alle verbruiker­sgoedere, maar dié van skoonheids­produkte styg.

Oranje lipstiffie in alle skakerings – dink perske, koraal en bloedlemoe­n – warm onmiddelli­k jou gesig op en laat jou vars en opgewek lyk. “Daarom is baie van my ouer kliënte lief vir dié skakering,” sê Alicia. “Dit laat hulle mooi gesond lyk.” Onthou om saam met jou oranje lippe die res van jou grimering in dieselfde kleurfamil­ie te hou met skakerings van perske, goud of brons op jou wange en oë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa