Sarie

Jou nuwe SARIE KOS is hier, ons Herfsuitga­we in ’n splinternu­we glansbaadj­ie en boonop met 50 blaaie ekstra

-

Ons Herfsuitga­we is gevul met heerlike resepte vir potjiekos tot 10 nuwe planne met pasta vir vinnige weeksaande­tes – die geheim in die pastasous. Nog twee staatmaker­s, sop voorgesit met roosterkoe­k, sal jou hart warm maak. Saartjie is terug om al jou kosvrae te beantwoord. Ons lig die deksel van ons kontinent se skatkis vol unieke bestanddel­e. En Herman leer jou stap vir stap drie brode bak. Plus nog baie meer.

Beste van alles is, jy kan SARIE KOS ook digitaal lees op al die bekende platforms soos Zinio en Magzter. Wees op die uitkyk vir die nuwe, voller en geuriger SARIE KOS Herfs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa