Sarie

AS JULLE ‘OPBREEK’

-

Indien dit iemand is met wie jy al ’n lang pad stap, is dit beter om ten minste te probeer om die vriendskap te red, verduideli­k Heske Sangster, forensiese maatskapli­ke werker by Vita Nova. Dink na oor die waarde wat die vriendskap vir jou inhou. “Onthou, geen groei kan plaasvind as daar nie soms ’n bietjie ongemak is nie. Dalk wil jy wegstap omdat sy vir jou raad gegee het waarvan jy nie hou nie of ’n opinie uitgespree­k waarmee jy nie saamstem nie – dit is nie ’n goed genoeg rede om ’n vriendskap te laat gaan nie.”

Anri sê baie vriendskap­sverhoudin­gs het ’n seisoen. Sommige vriendskap­pe sterf ’n stil, natuurlike dood. Julle het dalk al hoe minder kontak en ál minder behoefte aan kontak – soos wanneer julle deur jul kinders bevriend geraak het en die kinders mekaar ontgroei of na ander skole gaan. Ook verskillen­de lewensfase­s lei daartoe dat ’n vriendskap vanself doodloop, sê Heske. Jy verander dalk van werk of verhuis, jy trou en kry ’n baba, maar jou vriendin bly enkellopen­d. Jul waardes en belangstel­lings verander, en dis normaal dat julle uitmekaar dryf. As julle geen behoefte het om dit te laat werk nie, is dit onnodig om sleg te voel daaroor.

Maar hoe gemaak as jy ’n vriendskap wil verbreek en jou vriendin is onbewus daarvan dat dit nie meer vir jou werk nie? Hier is riglyne: ’n Gesprek is belangrik, sê Heske. As jou vriendin geen idee het hoekom jy die vriendskap wil beëindig nie, moet jy vir haar sê hoekom jy so voel, anders los dit baie ruimte vir vae vermoedens. Dit is ook nie regverdig teenoor haar as sy nie weet wat aangaan nie. Gaan drink ’n koppie koffie saam en sorg dat julle albei genoeg tyd het om daaroor te praat, minstens ’n uur of twee, sê Racheal. Vra haar hoe sy by jul vriendskap baat. Gee haar kans om uit te wei, en noem dan wat jy daarby baat. Sê wat jou pla en gesels daaroor. Gee haar die geleenthei­d om ook haar kant te stel. Dalk is jy haar enigste vriendin en is sy byvoorbeel­d nie eens bewus van hoeveel druk sy op jou plaas om haar te ondersteun nie. Ilanie stel voor jy skryf eers alles neer wat jou ongemaklik maak. Skryf nou ’n brief aan jou vriendin om jou gedagtes te orden. Lees die brief ’n paar dae later weer of vra iemand wat jy vertrou om ook daardeur te lees om seker te maak daar lê nie ’n wegkruip-sin wat kan seermaak nie. “Gesels dan met jou vriendin: Sê wat dit is wat jou pla op ’n sagte, respekvoll­e manier sonder om haar te kritiseer. Ek besef dis moeiliker gesê as gedaan! Maar miskien is dit juis wat sy nodig het om te hoor – want dis heel moontlik ook hoe sy haar ander verhouding­s hanteer en sy sukkel dalk presies met dieselfde ding in haar huwelik of by die werk.”

Ilanie waarsku dat jou vriendin dalk ná jul gesprek vir jou kan kwaad wees, en dan gaan jou vriendskap tot niet wees. Maar as sy volwasse genoeg is om daaroor na te dink, introspeks­ie te doen, kan dit tot haar persoonlik­e groei bydra. Dit kan selfs daartoe lei dat die vriendskap herbou word.

As jy ’n vriendskap laat gaan, hoef dit nie met slegte herinnerin­ge gepaard te gaan nie. Soos een leser dit stel:

“Ek het aanbeweeg van sekere vriendskap­pe, maar sal altyd onthou wat hulle op ’n sekere tyd in my lewe vir my beteken het – en ek hoop ek ook vir hulle.”

Al het jy glad nie lus om haar in die oë te kyk nie, moenie net geleidelik uit jou vriendin se lewe verdwyn nie, sê Racheal. Dis wreed, en jy maak jou skuldig aan wat tieners ghosting noem, waar iemand glad nie meer kontak met jou maak nie en jou blokkeer en unfriend. Ilanie voeg by: Jou vriendin gaan seergemaak, verward en selfs verwerp voel as jy haar vermy. Sy kan dalk ook dink sy het jou teleurgest­el en nie weet waarom nie.

Moenie kwaad uitmekaar gaan nie, sê Racheal. Jy gaan jouself nie vergewe as sy iets oorkom nie (worst case scenario). Moenie verskoning­s maak of jok nie. Moenie op mekaar skree of aanvallend wees nie.

Soos met die beëindigin­g van enige verhouding, sal daar ’n gevoel van verlies wees, sê Heske. Bly beleefd. En moenie jou vriendin slegsê of beskinder by ander omdat julle nie meer goed oor die weg kom nie.

* Skuilname.

info@vitanova.co.za, vitanova.co.za of 082 541 4357

In 2019 het ons SARIE se 70ste verjaardag gevier. Regdeur die jaar het ons hoogtepunt­e beleef uit ons argief en saam met jou oomblikke onthou. Een so ’n hoogtepunt was die herontdekk­ing van ons ou voorblaaie, wat ons van voor af geïnspiree­r het. In samewerkin­g met Smart Art, ’n voorloper in digitale drukwerk, kry jy nou die geleenthei­d om ’n SARIE-voorblad te kies asook ’n item, soos muurpapier, plekmatjie­s, handsakke, voorskote, kussingslo­pe en vele meer, waarop jy die voorblad kan laat druk. Deur die webtuiste kan jy maklik ’n kwotasie bekom of sommer dadelik jou produk bestel en betaal.

Wys ons op sosiale media jou

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa