NEEM WYN KOP TOE
’n Glasie rooiwyn kan jou laat ontspan ná ’n harde dag. Maar dit kan dalk ook help om jou kop skoon te maak – regtig. Lae vlakke van alkohol soos wyn verminder inflammasie in die brein en help om ontslae te raak van gifstowwe, ingesluit dié wat met Alzheimer se siekte verbind word, volgens navorsing met muise aan die Universiteit van Rochester se mediese sentrum.
Bron: urmc.rochester.edu