In 6 weke! Met die winterkoue hier en die dae korter, is dit tans moeiliker om uit die bed te klim vir vroegoggendoefening. Jy hunker dalk ook na warm trooskos. Gebruik vanjaar dié seisoen om ’n gesonde laekoolhidraatleefwyse te vestig. Gesonder met SARIE
Ons nuwe webtuiste Gesonder met SARIE is ’n platform wat jou nie net sal help om die kilo’s af te skud nie, maar jou ook inspireer om gesonde laekoolhidraat-eetgewoontes ’n langtermynkeuse te maak. Ons wil die manier hoe jy kos koop en jou maaltye beplan, verander. Die aanlyn program bevat heerlike resepte, inkopielyste, weeklikse eetplanne en als wat jy moet weet oor ’n laekoolhidraat-leefstyl.
Die oomblik wat jy inteken, kry jy toegang tot die hele Gesonder met SARIE-plan, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internettoegang af kan oopmaak. Dis nie nodig om ’n app af te laai nie. Begin eenvoudig by Week 1, Dag 1 en volg die plan daagliks – vir ’n gesonder jy in net 6 weke!