Sarie

Leesdinge

want leef het hoogstens eksperimen­teel en gerieflik blaamversk­uiwend geword uit Francis Grobler se gedig “statistiek van leef” in haar bundel nagblind (Naledi, R240)

- DEUR PHYLLIS GREEN pgreen@media24.com of @PhyllisGre­en op Twitter

Peacocks & Picatharte­s: Reflection­s on Africa’s Birdlife

Rupert Watson (Struik Nature, R220)

Watson, gebore in Engeland, het meer as 40 jaar in Kenia gewoon. Sy werk het hom reg oor Afrika geneem. So kon hy sy fassinasie met voëls vlerke gee. In sy boeiende boek fokus hy op die diverse geveerdes eie aan dié kontinent. Hy deel sy reise en ekspedisie­s waarop hy spesifieke voëls gesien het. Al is die boek gepak met feite oor voëls en vermeng met geskiedkun­dige insigte van ander bekende voëlkenner­s, onder wie Austin Roberts, lees dit soos ’n reisverhaa­l. Interessan­te brokkies uit die boek: In 1913 was volstruisv­ere in Suid-Afrika die vierde grootste uitvoerpro­duk, naas goud, diamante en wol. Die krag waarmee ’n sekretaris­voël op sy prooi trap, is gelykstaan­de aan ’n hou van ’n 20 kg-hamer. Die neushoring­voëlwyfie messel haar toe in die nes tydens broeityd, met net ’n gleuf waardeur die mannetjie haar vir ses weke of langer voer. Dié juweel van ’n boek is nie net vir voëlkykers nie!

– Phyllis Green

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa