Sarie

Maak jou kop stil

Jy weet jy moet diep asemhaal as jou kop raas. Ook dat oefening help. Of ’n tydjie in die natuur deurbring. Al hiervan gehoor?

-

HELP IEMAND

Die deel van jou brein waar jy plesier en verbinteni­s ervaar, helder dan op. Doen iets goeds vir iemand en dit verminder stres en laat jou minder alleen voel. Jou hartgesond­heid en immuniteit kan selfs ’n hupstoot kry. Koop jy iets vir iemand anders, stel jou liggaam selfs meer endorfien (die brein se goedvoelch­emikalie) vry as wanneer jy jouself so bederf.

NEMO EN KIE

Mense met akwariums tuis sê hulle voel kalmer en meer ontspanne as hulle na die vissies staar. En die wetenskap beaam dit. Dis nie net die water nie, ofskoon dit help. In ’n studie met ’n baie groot tenk is bevind hoe meer soorte seelewe bygevoeg word, hoe gelukkiger het dit mense gemaak. Hul hartklop en bloeddruk het ook gedaal.

HANG UIT MET JOU HOND

’n Vriendelik­e brakkie kan jou minder angstig en rusteloos laat voel. (Katte ook!) Speel met hom en streel hom en dit kan skynbaar die streshormo­ne laat afneem. Jou liggaam stel dan oksitosien vry, die hormoon wat ’n rol in binding en vertroue speel.

RAAK KREATIEF

Brei*, prente inkleur of pottebakke­ry . . . dit help ’n besige kop ontsnap. Veral eenvoudige, herhalende aksies – soos deeg knie – kan jou gedagtes aflei en die gekekkel in jou kop stilmaak. Laat die kind binne jou speel en moenie te veel oor die eindresult­aat bekommerd wees nie.

GRAWE IN DIE GROND

Dis nie net die buitelug en oefening wat hul toorwerk doen nie. Die grond self het mikroorgan­ismes wat jou help fokus en jou gemoed lig. Mense wat graag tuinwerk doen, is minder depressief en angstig en voel ’n groter verbinteni­s met hul gemeenskap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa