Sarie

Aktrise Desiré Gardner: ‘Tyd maak gesond – ek weet’

Elke mens verwerk pyn en trauma op ’n ander manier. Die pad is moeilik en seer, maar tyd kan tog verligting bring

- DEUR SUZETTE TRUTER

By tye het dit onwerklik gevoel. Aktrise Desiré Gardner sou in die nag wakker skrik en besef sy is nie in haar huis op Philadelph­ia nie – dis net sy en haar twee kinders in hul nuwe blyplekkie in die Kaap. Haar huwelik van nege jaar was op ’n einde.

Dit was een van haar grootste struikelbl­okke die afgelope jaar: Om te aanvaar dit is hoe dit nou is, hul ou lewe soos sy dit geken het, is vir altyd verby, vertel Desiré.

“Ek hou nie van veranderin­g nie, ek hanteer dit nie goed nie. En skielik was álles anders: my lewe, die toekoms, my kinders se lewe. Dit het my lank geneem om vrede te maak daarmee. Jy rou oor iets wat daar was en nie meer is nie. Niemand trou om te skei nie,” sê sy.

Desiré e nC h r is, beligting s regisseur en tegniese hoof van die kykNET-sepie Suidooster, het in April verlede jaar besluit om uitmekaar te gaan en hulle is verlede Augustus amptelik geskei.

Sy het dit van die begin af “dag vir dag” en “oomblik vir oomblik” gevat, sê Desiré. “Jy het nie eintlik ’n keuse nie, jy doen dit om te oorleef, dit help nie om jou te kwel oor die toekoms waaroor jy geen beheer het nie. Ek het geweet ek moet net deur vandag kom. As ek deur vandag kom, sal ek deur môre kom. Ek probeer dit steeds in my lewe implemente­er, om my nie te kwel oor môre nie.”

In dié tyd het sy deur elke emosie gegaan waaraan jy kan dink: Sy was hartseer, moedeloos, desperaat, kwaad, onseker, bang . . .

“Dit was ’n warboel van konstante emosies. Selfs nou nog sal ek skielik ’n emosie ervaar en nie seker wees waar dit vandaan kom nie. Maar ek besef dis deel van onderligge­nde dinge waardeur ek nog moet werk, dis deel van my helingspro­ses. Ek moet daardeur. ’n Vriend van my sê as jy byvoorbeel­d angstig voel omdat dít wat jy ken vir ewig weg is, moet jy daardie vrees in die gesig staar. Nooi dit in. Voel dit, erváár dit. As jy klaar is, sê: Dankie, ek het jou ervaar en nou gaan jy weg. Dit klink dalk esoteries, maar vir my het dit gehelp.”

Sy het lank oor haar egskeiding stilgebly, net familie en haar naaste vriende op wie se skouers sy gehuil het, het geweet. Sy en Chris is albei baie privaat. By die werk (op die stel van Suidooster) het sy haar kop hoog gehou, bly glimlag, gefokus op haar spel en op haar skryfwerk.

“Dit beteken nie ek wou dit onder die mat invee nie, maar dit sou net te seer wees om dit te herleef deur almal te vertel. As jy reeds sukkel om deur jou dag te kom, probeer jy dit vermy. Anders is dit soos om ’n bloeiende wond verder oop te sny.”

Die wonder van tyd is dat daardie wond tog later gesond word, sê sy. “Jy is bang jy verloor bloed, jy moet cope daarmee en die bloeding stop. Maar mettertyd vorm ’n rofie. Elke nou en dan kap iets daarteen en die wond gaan dalk oop en bloei weer ’n bietjie. Totdat nog ’n rofie vorm. Uiteindeli­k bly net die letsel oor. Dis net so met emosionele pyn. Dit neem tyd totdat daar net ’n letsel is.”

Gedurende die grendeltyd het sy nog ’n vrees oorkom: Om alleen te wees. “Ek het die eerste vier weke saam met die kinders by my ouers op >

Uiteindeli­k bly net die letsel oor . . . Suidooster-aktrise en draaiboeks­krywer Desiré Gardner

Tyd lig die ysterkloue van pyn

Aktrise Ira Blanckenbe­rg

< Groot-Brak gebly, en toe teruggekom met my seuntjie sodat hy tyd met sy pa kon deurbring. Ek het gedink dit gaan vir my moeilik wees om alleen by my plekkie op Melkbosstr­and in die Kaap te wees, nog ’n vrees wat ek in die oë moes kyk. Maar dit was so genesend, ek het dit geniet om tyd op my eie deur te bring, my eie ding te doen.”

Desiré het deurentyd gaan draf – dit was nog altyd haar terapie, die tyd wanneer sy iets vir haarself teruggee. Haar dinktyd wat haar help om perspektie­f te kry. “Soms wanneer ek wakker word en ek wil net niks doen of nêrens heen gaan nie, trek ek my tekkies aan . . . Terwyl ek draf met musiek in my ore, sê ek dikwels vir myself: Jy kan dit doen. Jy kan dit doen. Een voet voor die ander. Dit het ’n mantra in my lewe geword.”

Om te rou oor hul ou lewe was ’n lang, seer proses, maar deur alles het sy haarself oomblikke gegun om te lag. Sy leer haar kinders dat geloof en ’n sin vir humor die dinge is wat jou deur moeilike tye dra. As jy nie lag nie, kan jy verval in ’n groef van bitterheid en hartseer.

Desiré het in die proses baie geleer oor aanvaardin­g. En dat sy nie so hard op haarself moet wees nie. “Wees kind teenoor jouself en teenoor ander mense. Ons moet vir mekaar omgee.” En uiteindeli­k het sy aanvaar jy kan jou lewe hoe goed beplan, maar soms loop die lewe sy pad met jou en dan bevind jy jouself op ’n plek wat jy jou nooit kon indink nie. “En dis ook oukei.”

As mense vir Ira Blanckenbe­rg sê hul kind is drie jaar gelede oorlede, voel sy vir hulle so jammer. Want sy weet: Drie jaar is níks as jou kind dood is nie, dis asof dit gister gebeur het. Sy ken vroue wat hul kind verloor het en vyftien jaar later staan die skooltas steeds in die kombuis.

“Dis ’n verskrikli­ke moeilike pad om te loop, om te leer om saam met die dood van jou kind te leef, om geluk binne jou hartseer te vind. Party mense vat jare om daar te kom, ander kom dalk nooit by die punt nie,” sê sy.

Dit is vandeesmaa­nd sewe jaar gelede dat akteur Waldemar Schultz en Ira se 14-jarige seun, Kieran, op Hermanus van ’n krans na sy dood geval het. Vir Ira was die pad daarná ’n intense een wat sy doelbewus “in sy volle diepte met al sy pyn” gestap het, van die begin af. Vandag is sy dankbaar dat sy weer iets as beeldskoon kan beleef, selfs vreugde daaruit kan kry.

Uit my gebrokenhe­id kom ’n ongeloofli­ke skoonheid. Ek is soveel sagter met myself en met ander

Ira

Sy was lief vir baie dinge in die lewe, maar as jou kind doodgaan, gaan jy saam met hom dood, vertel sy. “Van daardie oomblik af het die ou Ira nie meer bestaan nie. Jou ou gesin is dood, jy het geen impuls om te lewe nie, geen enkele ding maak jou gelukkig nie. Jy moet net by die volgende oomblik uitkom, jy dwing jouself om asem te haal.”

Van die begin af was hul dogter, Dhania (nou 18), haar grootste impuls om soggens op te staan, maar benewens haar was daar niks . . . En toe, sowat vier jaar ná Kieran se dood, het Ira vir die eerste keer gevoel dat sy nie so sonder vreugde kon voortgaan nie.

“Ek het myself afgevra: Wat gee my nou’ n impuls omte wil leef? Toe ek begin ondersoek instel, was ek verras om te ontdek dat ek wou terugklim op die verhoog, nadat ek soveel jare nie teaterwerk gedoen het nie.”

Kort daarna het regisseur Marí Borstlap haar genader om in Drif van Reza de Wet te speel. Ira het dagboek gehou van haar verhoog-ervaring, en in die proses baie van akteurwees en van haarself geleer. Haar verhoogstu­k Haal asem het in 2018 gedebuteer. Vanjaar was sy te sien in die rolprent Griekwasta­d en later vanjaar in Toorbos. En om kinders af te rig by haar dramaskool Stageright op SomersetWe­s bring vreugde in haar lewe, hul liefde vul haar hart, sê sy.

Sy sal nooit weer suiwer geluk ervaar nie, dit weet sy, want in haar diepste vreugde is ook haar diepste smart. “Dis gewoonlik in my mooiste tye wat ek my seun by my wil hê.”

Vir haar lê Kieran se dood nie in die verlede nie. Hy is vandag dood. En môre ook. “As ek tagtig is, is hy nog steeds dood, so my smart is oneindig. Tyd kan jou nie heel nie, dit kan wel verligting bring van die verskrikli­ke pyn wat jou asem wegslaan . . . mettertyd lig daardie ysterkloue.”

Daar kom nog dae wat sy wakker word en besef: Hier kom dit. “Ek mís my kind.” Die pyn so intens soos tevore. Sy ken dié paadjie al goed, “trek die duvet oor my kop en huil”, maar sy weet ook sy sal opstaan, daar gaan weer mooi dinge wees.

Deur die hele proses was Ira se grootste redding om te skryf – van die eerste oomblik af, reeds in die vliegtuig op pad terug huis toe. [Sy was op Ermelo in Mpumalanga waar sy ’n toneelkomp­etisie beoordeel het toe hy verongeluk het.]

“Ek wou alle emosies ervaar. Met totale eerlikheid. As ek negentien bladsye wou skryf waarin ek sê ek wil nou doodgaan, het ek. Ek is met my skrywery deur alle fases van rou – in geen volgorde nie – sonder dat ek dit besef het. Ek het eenvoudig geskryf wat my hart wou sê.

“Ander mense lees boeke, besoek sielkundig­es, gebruik medikasie. Elkeen moet doen wat vir hulle werk. Te veel mense sê jy moet dit of dat. Jy hoef niks nie. Net om jou voete uit die bed te sit en regop te kan staan is genoeg.”

Party mense hunker na die ou Ira, en dit veroorsaak wrywing, want sy is nie meer daardie mens nie, sy kan nooit weer sy wees nie, sê sy. “My hart het verskiet toe Kieran dood is. Ek is gebroke, maar uit my gebrokenhe­id kom ’n ongeloofli­ke skoonheid. Ek is soveel sagter met myself en met ander, ek het meer empatie met mense en hul verlies. Ek en Waldi is ook sagter met mekaar, ons het empatie vir mekaar.”

Sy is bevoorreg om baie vroue in haar lewe te hê wat kinders verloor het, en sy deel dikwels haar ervarings by vrouedae. “Ek sê altyd mense moet geduldig wees met ouers wat kinders verloor – om te verwag iemand moet ‘tog sekerlik ná twee of drie of vyf jaar oor ’n kind se dood wees’ . . . dit kan nie. Net soos my dogter 24 uur van die dag in my gedagtes is, so ook is my oorlede seun. Moenie bang wees om ons dooie kinders se naam te sê nie – dit lig jou hart as iemand jou kind onthou.”

Kieran se dood het haar geleer om in die oomblik te leef. “Ek het altyd gevrees hy gaan by ’n krans afval, en toe gebeur dit, ek kon dit nie keer nie. Al waaroor ek sekerheid het, is die oomblik waarin ek nou is. Ek maak geen toekomspla­nne nie. Ek het nie beheer oor wat gaan gebeur nie, daarom kon ek alles laat gaan . . . en daarin lê ongeloofli­ke vryheid.”

 ??  ??
 ??  ??
 ?? Ira Blanckenbe­rg FOTO MARYKE HOWARD ??
Ira Blanckenbe­rg FOTO MARYKE HOWARD
 ??  ?? BO Ira in 2017 tydens ’n onderhoud met Netwerk24-joernalis Murray la Vita oor haar toneelstuk Haal asem, wat vroeg in 2018 by die Woordfees op Stellenbos­ch gedebuteer het. FOTO’S ADRIAN DE KOCK
BO Ira in 2017 tydens ’n onderhoud met Netwerk24-joernalis Murray la Vita oor haar toneelstuk Haal asem, wat vroeg in 2018 by die Woordfees op Stellenbos­ch gedebuteer het. FOTO’S ADRIAN DE KOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa