Sarie

Aktrise Jane de Wet: ‘My oë het gesién, gepráát’

- – Lydia van der Merwe

“My naam is Jane de Wet. Dis ek wat julle so aanmekaar teister met oproepe en e-posse. Aangesien dit op dowe ore val: Hier is ek nou persoonlik met my CV en portefeulj­e. Ek dink ek sal ’n aanwins wees . . .” Sulke chutzpah moet beloon word en APM, ’n agentskap vir akteurs en stemkunste­naars in Kaapstad, verteenwoo­rdig Jane sedertdien. Rolle het gevolg in onder meer The Girl from St. Agnes, Moffie en Griekwasta­d, waarvoor sy by die Silwersker­mfees ’n toekenning as mees belowende jong talent gekry het. “Om só lief vir iets te wees dat niks jou afskrik nie, is bietjie vreesaanja­end. Toneelspel is my roeping, ek wéét dit. Dus pak ek enige rol, ongeag hoe klein of groot, met dieselfde toewyding en ywer aan. Ek glo elke verlies, seer, uitdaging en lewenserva­ring maak my ’n beter akteur en wil dus nooit bang wees vir die lewe nie. Oor 50 jaar wil ek kan terugkyk en sê: ‘My oë het gesién, maar hulle het ook gepráát.’”

 ??  ?? CHRISTELLE LEUVENNINK/ LOCAL TRUTH
CHRISTELLE LEUVENNINK/ LOCAL TRUTH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa