Sarie

Kosdinge

- DEUR MARZANNE SCHOEMAN

PERFEK VIR SLAAI

Geen slaai is afgerond sonder fetakaas nie. Daar is die tradisione­le ongegeurde een van Clover, en 2 ander geure vir ekstra smaak: kruie asook swartpeper. Vanaf R49,99 vir ’n 400 g-houer by kruidenier­swinkels landwyd

BLY KALM . . .

Want Le Creuset het ’n nuwe versamelin­g, Calm, bekend gestel, wat enige kombuis in ’n rustige oase sal omskep. Die klein bakkies is perfek vir peuselhapp­ies, doopsouse of roomys. R719 vir ’n stel van 4 bakkies by Le Creuset-winkels of aanlyn by lecreuset.co.za

SÊ Kaas!

Elke kaasbord het ’n kaasmes nodig. Beïndruk jou gaste keer op keer met hierdie kaasmesse van Poetry in die vorm van goue blare. Buiten funksionee­l is dit ook baie mooi. R299 vir ’n stel van 3

SOOS ’N KAT WAT ROOM GEKRY HET

Só lekker is Clover se volroommel­k. Skink dit in jou tee of koffie, gebruik dit vir kosmaak of drink dit vars en koud uit ’n glas. Maak nie saak hoe jy dit geniet nie, dit is heerlik en boonop sal jou liggaam dankbaar wees vir die goeie bron van kalsium. Vanaf R29,99 vir 2 liter by kruidenier­swinkels landwyd

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa