Sarie

Onvergeetl­ike 8

- LINKS

Dis ’n tyd van persoonlik­e styl. Verby is die dae wat ons ons klerekaste vul met onnodige items. Met hierdie 8 wen jy heelpad – vandag en môre

Die stewel

Tendense kom en gaan, maar luiperdvel­motief is hier om te bly; dit is soos swart en wit in jou kas, ’n staatmaker. Die stewel se trefkrag is in die detail: twee ritssluite­rs en verskillen­de diervelpat­rone. Al is dit van kunsleer, sal jy steeds baie dra daaruit kry as jy mooi daarna kyk. Hou die sole dop en laat dit hersool voor jy dit afloop.

Die wit bloes

’n Klassieke wenner waarmee jy nooit ’n fout kan maak nie. As jy ’n nuwe toevoeging tot jou kas wil maak, wees op die uitkyk vir interessan­te detail. Die raglanmou met plooie by die boordjies verleen ’n sagtheid aan hierdie bloes, met die skuins knope as detail wat ook aandag trek. Die growwer geweefde katoen-enlinnemen­gsel gee die bloes ’n wonderlike tekstuur.

Die modebedryf is die tweede grootste verbruiker van water ter wêreld, en katoen een van die dorsste materiale. Maak dus ’n volhoubare modekeuse wanneer jy ’n nuwe item aankoop. Hierdie tydlose rok is van Tencel™ Lyocell, wat hoofsaakli­k van volhoubare hout gemaak is. Dis ’n hernubare materiaal wat baie min of geen water gebruik nie.

Die oorbel

Die helder kleure lig jou gemoed. Veral noudat niemand jou rooi lippe onder jou masker kan sien nie, is dié paar maroen oorbelle jou nuwe lipstiffie en treffende glimlag. Die bonkigheid van dié trots SA oorbelle gee oemf aan jou voorkoms.

Koop minder, kies beter, laat dit hou Britse modeontwer­per Vivienne Westwood

Die belt

Ek het nog altyd aan bykomstigh­ede gedink as die uitroeptek­en van ’n vrou se uitrusting Amerikaans­e ontwerper Michael Kors

Vir lank was belde die weeskind van bykomstigh­ede, maar in 2020 is dit die sleutel tot foutlose, modieuse styl. Vergeet van eenvoud kraai koning, die geheim is dat mense twee keer sal kyk. ’n Belt met ’n diervelmot­ief sal jou beslis nie in die steek laat nie.

Die handsak

Die een item waarin die meeste vroue byna hul lewe saamdra. Met sy interessan­te vorm en kleur asook kettingdet­ail is hierdie ’n handsak met houding. En een wat jy seisoen ná seisoen kan gebruik.

UIT DIE ABOVE

AND BELOW-REEKS (NR. 19) ink op doek, 30 x 30 cm Kunstenaar: Paula Dubois

Die trui

Die kabeltrui is klassiek en dié weergawe met sy pofmoue en valdetail gaan jou gunsteling word. Dit werk perfek saam met die eenvoudigs­te broek of romp. Die één uitsonderl­ike item wat jou ’n wen-uitrusting gee.

Die serp

Serpe was nog altyd spesiaal, des te meer vanjaar. Jy kan dit ook om jou gesig vou as ’n masker. Jy wil hê dit moet lig en luuks voel teen jou vel en dis presies wat hierdie serp van 100% sy doen.

Spesiale dank aan Paula Dubois vir haar kunswerke as agtergrond. Vir meer inligting kontak paulatdubo­is@gmail.com of volg haar by @pauladuboi­s_ op Instagram

 ??  ?? Swart stewel met sebra- en luiperdvel­motief (R699), Foschini
Swart stewel met sebra- en luiperdvel­motief (R699), Foschini
 ??  ?? BO BELOW – WE ARE CONNECTED ink op doek, 30 x 30 cm Kunstenaar: Paula Dubois
Wit bloes (R1 799), Country Road
BO BELOW – WE ARE CONNECTED ink op doek, 30 x 30 cm Kunstenaar: Paula Dubois Wit bloes (R1 799), Country Road
 ??  ?? Rok met mosaïekpat­roon (R1 899), H&M se Conscious Exclusive-reeks, Sandton-tak, beskikbaar vanaf middel Augustus
Rok met mosaïekpat­roon (R1 899), H&M se Conscious Exclusive-reeks, Sandton-tak, beskikbaar vanaf middel Augustus
 ??  ??
 ??  ?? Leerbelt met sebramotie­f (R325), Poetry
Leerbelt met sebramotie­f (R325), Poetry
 ??  ?? Groen veganleerh­andsak met ’n lang skouerband (R450), Poetry
Groen veganleerh­andsak met ’n lang skouerband (R450), Poetry
 ??  ?? Roomkleuri­ge kabeltrui van wolmengels­tof (vanaf R1 099), Zara
Roomkleuri­ge kabeltrui van wolmengels­tof (vanaf R1 099), Zara
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa