Sarie

Sangeres Andriëtte Norman: ‘Ná 30 het ek rustigheid gekry’

-

Dis die eenvoudige dinge wat haar lewe kleur. Veral in die Covid-19-tyd, sê sangeres Andriëtte Norman.

In haar dertigs is sy baie rustiger; sy weet wie sy is, reken dié ma van drie. Boonop het sy vrede met haar lyf en besef haar biokinetik­us-man, Glynn Moolman, is doodtevred­e om haar net vas te hou en lekker te gesels.

“Dit is nie nodig om altyd sulke wow-goed te beplan nie. My kinders geniet ’n ou tuisgebakt­e broodjie en soek my aandag as ek tuisonderr­ig gee.”

Sy glo die kuns van die lewe is om honderd persent teenwoordi­g te wees, in die oomblik.

Andriëtte het pas haar sesde album, Hartsland, uitgereik. “My musiek wys hoe ek as kunstenaar gegroei het. Ek is deur ’n rowwe tyd ná my stemoperas­ie twee jaar gelede, maar gelukkig sê my aanhangers die musiek inspireer hulle.

“Ek gee nooit op nie – dís my wens vir alle vroue.” – Marguerite van Wyk

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa