Sarie

SA SE EIE ‘WHITNEY’ OP BRITSE TV

-

Die Suid-Afrikaans gebore sangeres Belinda Davids, bekend vir haar Whitney Houston-vertonings, het geskitter op die werklikhei­dsreeks Britain’s Got Talent wat onlangs in Brittanje uitgesaai is. Die gehoor het haar staande toegejuig ná haar weergawe van “One Moment in Time”, en beoordelaa­r Simon Cowell het dit beskryf as “die oudisie waarvoor ons al die hele seisoen wag”. Weens die pandemie is die produksie van die res van die reeks vertraag. Aanhangers kan wel nou al kaartjies koop vir The Greatest Love of All: A Tribute to Whitney Houston wat herskedule­er is vir 6 tot 22 Augustus 2021 by die Joburg Theatre. Kaartjies R180-R390 by joburgthea­tre.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa