Sarie

WAAROM SOOS ROOFVOËLS LYK?

-

Jy weet mos hoe daardie groen bloemiste-oase blommevreu­gde kom verwoes het: Pragtige, natuurlike blomme word in oases geforseer om in sogenaamde “kunstige rangskikki­ngs” te kom styf staan. Nou net so is dit met die voor-en-daarnadram­a/gebruik in die lewe.

Onlangs verskyn daar in die koerant ’n berig

met foto’s van die voor en ná van ’n vrou wat, met groot respek, onder ’n bekende mooimaker deurgeloop het. Nou wil ek net mooi vra, hoe kan iemand dink dat die daarná wow is? Hier is ’n vrou met pragtige, natuurlike aarbeiblon­de hare met die perfekte lengte en streel-mykwalitei­t. Sy het haar eie unieke oë en sagte, ongeverfde glimlag.

En sowaar, daar verskyn sy: ’n opgesmukte skoonheid wat net soos honderde ander modebewust­e vroue lyk. Dieselfde slaan-my-doodstreep in die hare wat die wind tog net nie mag versteur nie, rooier-asrooi mond en dieselfde roofvoël-oë as al die ander. Waarom wil vroue elke dag ure gebruik om soos roofvoëls te lyk?

Ek is beslis nie lus om vir “Daarna” te vra om saam met my die rantjies op die plaas te gaan aandurf nie.

Zaza Pieterse, Bloemfonte­in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa