Sarie

Ons het nie kon droom dat so iets oor ons pad sou kom nie

- – Suzette Truter | FOTO Tobias Ginsberg/ Volume Photograph­y

Elke dag op die pad is ’n seën

GERDA STEYN, Comrades-wenner

Sy laat dit so maklik en lekker lyk – of Gerda Steyn nou die Comrades in rekordtyd kafdraf of ná die grendeltyd die strate van Doebai vat (waar sy woon), sy het altyd ’n glimlag op haar gesig.

“Dit kan nie anders nie,” sê sy. “Elke dag op die pad is ’n groot seën. Ek hoop ek kan daardie vreugde aan ander jong vroue oordra.”

Sedert sy verlede jaar die eerste vrou geword het wat die “op-wedloop” van die Comrades in minder as ses uur voltooi het, het sy dit veral geniet om haar storie met die res van die land te deel, vertel sy.

“Dis vir my familie ’n wonderlike ervaring. Ek het grootgewor­d in ’n klein plaasgemee­nskap in die Vrystaat; ons het nie kon droom dat so iets oor ons pad sou kom nie. Soms is ek verbaas wanneer ek aantree vir ’n wedloop en soveel hardlopers vra vir foto’s. Ek voel maar presies dieselfde . . .”

Gerda se prestasie was veral merkwaardi­g omdat sy nog nie so lank ’n profession­ele atleet is nie. In 2015 het sy haar eerste marathon voltooi, en daarna het haar nuwe passie meer en meer van haar vrye tyd geverg. Sy het in 2017 haar werk as bourekenaa­r bedank om voltyds te oefen. “Daardie eerste tree was die moeilikste een, maar vandag is ek dankbaar daarvoor. Ek het kort daarna ’n kontrak by die Nedbank-hardloopkl­ub gekry en Nike het my begin borg.” (Kyk op Instagram by @gerdarun hoe sy in die grendeltyd die Zoom-plank-uitdaging – met ’n glimlag – teen klublede wen!)

Gerda het in Desember by die New York-marathon haar tyd met byna ses minute verbeter en vir die Olimpiese Spele gekwalifis­eer, wat intussen tot

2021 uitgestel is.

Dit ís ’n moeilike tyd vir alle atlete, maar sy fokus op dít waaroor sy wel beheer het. “Vir my is die belangriks­te ’n positiewe ingesteldh­eid. Dit was onmoontlik om topfiks te bly vir die volle tydperk van afsonderin­g, ek sou uitbrand. Ek het basies fiks gebly met verskeie oefeninge, soos trappe klim

[sy en haar man woon in ’n gebou met 30 verdieping­s], en is hoopvol vir ’n beter tweede helfte van 2020.

“Ek kon nou wel nie vanjaar my Comrades-titel verdedig nie, maar ek sien uit na 2021 en ek glo dat dit beter en groter as ooit gaan wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa