Sarie

Een van News24 se 100 Jong Mandelas 2019

- Besoek growgreat.co.za

Sy het bekendheid verwerf met haar eerste boek, Coconut ( Jacana, 2007), wat daardie jaar die Europese Unie Literêre Toekenning gewen het. Ook haar tweede boek, Spilt Milk ( Jacana, 2010), is dalk fiksie, maar albei kyk na dieper kwessies om ras in moderne Suid-Afrika.

In haar daaglikse hoedanighe­id as mediese dokter is dit duidelik dat sy ’n stem wil gee aan diegene wat nie een het nie. As uitvoerend­e direkteur van Grow Great, ’n veldtog wat verdwergin­g (fisieke en verstandel­ike onderontwi­kkeling) weens ondervoedi­ng probeer voorkom, wil sy toesien dat dié toestand teen

2030 uitgewis is in die land. “Dit kan heeltemal verhoed word en geen kind behoort weens ondervoedi­ng ontneem te word van die geleenthei­d om ’n vol, produktiew­e lewe te lei nie. Omtrent ’n kwart van kinders onder vyf jaar is verdwerg in Suid-Afrika en dit tas hul fisieke en breinontwi­kkeling aan, wat hul opvoeding, gesondheid en hele toekoms benadeel.”

Dié veldtog het sedert middel 2018 al 20 000 kinders onder twee jaar en hul oppassers ondersteun deur byvoorbeel­d bewusmakin­g, eetplanne en ouerskapsk­lasse. Hiervoor is sy deur die miljardêr-filantroop Bill Gates aangewys as een van ’n handvol wêreldwye

“Heroes in the Field” – ’n veldtog wat bewusmakin­g skep vir projekte wat uitsonderl­ike werk doen in hul veld. Verlede jaar was sy ook op News24 se lys van 100 Jong Mandelas.

“Om die veldtog van die grond af te kon opbou is vir my ’n droom wat bewaarheid is. Ek het ’n passie vir openbare gesondheid, en veral dié van vroue en kinders, omdat ek self ’n ma is. Om betrokke te kan wees by vroeë kinderontw­ikkeling en gesondheid tydens swangerska­p, die belangriks­te stadium van ontwikkeli­ng in ’n kind se lewe, maak my positief oor ons land se toekoms.”

Sy sien haar werk by Grow Great en haar boeke as ’n soort nalatenska­p, ’n manier om haar deel vir die land te doen. “Ek is trots Suid-Afrikaans. Ons het ’n unieke, kragtige storie van oorwinning onder baie moeilike omstandigh­ede. Ek wil my eie lewe gebruik om daardie ideale voort te sit.”

– Delia du Toit | FOTO verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa