Sarie

As jy gewillig is om met mense te connect, kan jy hul ingesteldh­eid verander

- – Suzette Truter

Ek neem my plek in, want ek ís genoeg

TRACY TODD HEINE, motivering­spreker en skrywer Tracy Todd was ’n aktiewe jong ma toe sy die huis een dag in April 1998 met ’n baba op die heup verlaat het.

Ses weke later is sy in ’n rolstoel by die voordeur ingestoot . . . verlam van die nek af ondertoe – die resultaat van ’n motorongel­uk. Sy was moedeloos, depressief, het selfdoodge­dagtes gehad, maar een oggend het sy ’n positiewe kopskuif gemaak. Nou inspireer sy ánder met haar verhaal.

Sy het geleer om haar andersheid te vier, om uit te reik en ’n verskil te maak, vertel Tracy. “Die wêreld is geneig om iemand wat ‘onvolmaak’ is as gestremd – dus onkapabel – te etiketteer. Maar as jy gewillig is om uit te gaan en met mense te connect, kan jy hul ingesteldh­eid verander. Ek neem my plek in die gemeenskap in, want ek ís genoeg.”

Sy het motivering­spraatjies begin gee om weer ’n doel in die lewe te hê. Sy wou ’n bydrae lewer, nie “’n suurstofdi­ef in ’n rolstoel” wees nie. Bowenal wou sy vir haar seun, Chad, ’n voorbeeld stel. “Hy moes my glo as ek sê enigiets is moontlik as jy jou kop daarop sit.”

Dit is vir haar veral spesiaal as wildvreemd­elinge ná haar praatjies hul hart oopmaak en hul eie vreugde en pyn met haar deel.

In haar boek Brave Lotus Flower

Rides The Dragon vertel Tracy hoe haar lewe onherroepl­ik verander het dié dag toe sy gou haar veiligheid­sgordel losgemaak het om na hul huilende baba agter in die kar te klim. Haar man het beheer verloor toe ’n bestuurder voor hulle skielik rem en hul motor het gerol.

Op haar webwerf is foto’s waar sy voor die ongeluk draf, perdry, waterski. Tog is haar grootste uitdaging nie onbeweegli­kheid nie, maar die stryd in haar kop. “Ek dink nie ek sal ooit ten volle aanvaar dat ek in my liggaam vasgevang is nie. Verlamming is ’n draak wat ek nog nooit kon oorwin nie, maar ek het vrede gemaak – net genoeg sodat ek langs hom kan leef.”

Tracy is ná die ongeluk geskei, oortuig dat niemand haar weer sal liefhê nie. Maar sy’t ’n kans op ’n aanlyn afspraakwe­bwerf gewaag, en is in

2016 getroud met Roy Heine, wat die Comrades vir haar voltooi het!

Elke dag besluit sy om te glimlag, positief en dankbaar te wees. “Die mens het ’n merkwaardi­ge vermoë om teenspoed te oorkom, te veg vir oorlewing en by veranderin­g aan te pas.”

En toe kom die coronaviru­s . . . jy rol jou moue op en doen jou werk. Daar is niemand anders nie

 ?? | FOTO Cathy Prettejohn ?? Tracy Todd Heine
| FOTO Cathy Prettejohn Tracy Todd Heine

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa