Sarie

BLY GESOND

-

In haar dertigs het Maye meer as 30 kg aangesit. “Dit was heerlik!” vertel sy. “Ek het alles binne sig geëet. Boerewors en pap (ek mis dit!), biltong, braaivleis, roomys, sjokolade . . . maar dit is hoe jy 30 kg aansit.” Op 41 moes sy ’n plan maak: Haar cholestero­l was hoog, haar rug en knieë het begin seer raak, en sy het besef sy moet haar eie raad begin volg en beter eet, of medikasie gebruik.

“Om gesond te eet is hoe ek gesond bly. Elke dag beplan ek om nie gemorskos in die huis te hê nie – ek kan my maklik daaraan ooreet!”

Reg eet is veral nou in die coronatyd belangrik. “Die mense wat die slegste daaraan toe is, is dié met die onderligge­nde probleme, en dit is dikwels voedingsve­rwant.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa