Sarie

DIS HARDE WERK

-

Dit verg meer inspanning om sin te maak van wat tydens ’n video-oproep gebeur. Jou brein neem dan kortpaaie en dit kan tot foute lei, soos die volgende studies bevind het.

Dokters wat ’n seminaar via ’n aanlyn videoplatf­orm bygewoon het, was geneig om te tob of hulle van die aanbieder hou. Terwyl dié wat in lewende lywe teenwoordi­g was, op die gehalte van die argumente gekonsentr­eer het.

Wanneer howe ’n besluit moes neem oor ’n vlugteling se aansoek om asiel via ’n videooproe­p, het hulle minder vertroue en begrip getoon. Aansoekers was meer geneig om te jok en die regters het dit minder raakgesien. Selfs die sketse van hof-portrettek­enaars was minder akkuraat as die inligting via video-oproepe versamel is.

Ons vooroordel­e raak erger as daar tegniese storings is. ’n Vertraging van net ’n sekonde kan ons laat dink die mens aan die ander kant is minder vriendelik. En as die videogehal­te sleg is, is ons versigtige­r wat ons sê.

Dit put ons emosioneel uit. Tolke wat vir die VN en Europese Unie via ’n aanlyn platform moes tolk, het vervreemd gevoel. Terapeute wat só berading doen, het gesê hulle is bekommerd hulle het hul “konneksie” met hul kliënt verloor.

Studente wat tot angs geneig was, was nog meer bevange tydens ’n mondelinge eksamen via ’n aanlyn platform en het slegter gevaar. Hul angs het boonop toegeneem sodra hulle hul beeld groot op die skerm kon sien.

En laastens kan dit tot ’n desperate soeke na erkenning lei. In een analise het werknemers wat weg van die organisasi­e se hoofkantoo­r gewerk het, dit as ’n vorm van “verbanning” gesien. Hulle het alles probeer om hulself meer sigbaar te maak, soos die soeke na interessan­te staaltjies om kollegas mee te vergas. En bykomende take gedoen om só hul bestuurder se oog te vang.

Bron: The Conversati­on (theconvers­ation.com)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa