Sarie

GESIG VAN DIE MAAND

GISELE BÜNDCHEN

- – Monica van der Walt FOTO DIOR

Sy is een van die hoogs betaalde supermodel­le in die wêreld en het al op meer as 1 200 tydskrifvo­orblaaie gepryk. Tog voel dié 40-jarige Brasiliaan die meeste tuis in die natuur. Dis daar waar sy ontspan en innerlike balans vind. “Innerlike balans is die sleutel tot uiterlike skoonheid. Hiermee kom volwassenh­eid en selfvertro­ue. As jy dié balans en jou eiewaarde kan vind, verhelder dit jou lewe van die binnekant na buite.” Só sê sy in ’n nuwe advertensi­evideo vir Dior se luukse Capture Totale C.E.L.L. Energyvels­orgreeks, waarvan sy sedert die begin van die jaar die gesig is. En sowaar, Gisele stráál van binne én buite!

Lees meer oor die Dior Capture Totale C.E.L.L. Energy-reeks op bl. 93.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa