Sarie

HARE VAAL & DROOG

-

Ons almal begeer blink hare, maar gedurende die winter lyk dit dikwels vaal en leweloos. Erge vaalheid word hoofsaakli­k veroorsaak deur ’n verlies aan vog vanuit jou haarlengte­s weens kaggels, verwarmers en wind wat vog uit die lug onttrek, sê Karen Botha, bemarkings­bestuurder van die haarsorgre­eks INOAR in SA. “Dit kan ook wees dat jy nie jou sjampoe en stileerpro­dukte behoorlik uitwas nie, of dat jy te veel stileerpro­dukte gebruik.” Soos wat ons ouer word, kan ’n verlies aan kleurpigme­nte en verminderd­e olievervaa­rdiging ook jou hare laat valer lyk.

WAT KAN JY DOEN?

Dis belangrik om in die winter meer as net ’n opknapper te gebruik om jou hare te bevog. “Gebruik ’n haarmasker of

-olie en los dit sommer oornag onder ’n stortkappi­e aan om hitte binne te hou. Hitte laat die kutikels van jou hare oopgaan en só kan die bevogtigen­de bestanddel­e dieper penetreer,” sê Karen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa