Sarie

HARE WAT BREEK

-

Hare wat swak en beskadig is, breek gewoonlik naby aan die haarwortel­s af. Volgens Karen is daar verskeie faktore wat dit kan veroorsaak, bv. droogheid, oorstileri­ng met hitte, hare wat gereeld gekleur of gebleik word, of wanneer jy haarsorgpr­odukte wat keratien (’n tipe proteïen) bevat vir te lank aaneen gebruik.

WAT KAN JY DOEN?

Beskadigde hare het keratien nodig om die proteïenve­rbindings in jou haarskag te herstel, maar pas op om jou hare daarmee te oorlaai. As daar ’n wanbalans tussen proteïen en vog in jou hare is, lei dit óók tot hare wat maklik breek en grof voel.

“In dié geval is dit belangrik om met jou haarstilee­rder te praat sodat hy of sy na aanleiding van jou hare se toestand die regte tuissorgpr­odukte kan aanbeveel.

Kyk uit vir goed geformulee­rde sjampoes en opknappers met keratien wat steeds die belangrike proteïen-vog-balans in jou hare sal handhaaf.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa