Sarie

HAARKLEUR WAT UITGROEI

-

Hoewel jy ná byna drie maande van inperking weer jou haarsalon vir ’n vars haarkleur kan besoek, is dit goed om vir gesondheid­sredes die gereeldhei­d van jou besoeke te beperk. Boonop sal meer tyd tussen haarkleurs­essies ook meer ekonomies wees, sê Angelique.

WAT KAN JY DOEN?

“Ek raai my kliënte aan om baba-ligstrepie­s (baby lights) of die balayage-kleurtegni­ek (ligstrepie­s word vryhand op haarlengte­s aangeverf sodat daar nie ’n direkte uitgroeily­n is nie) op hul hare te laat doen. Dié tegnieke groei baie mooi uit en kan die tyd tussen haarkleur-afsprake met drie tot selfs ses maande verleng,” sê Angelique. As jy gewoonlik jou hare een skakering kleur, kies ’n skakering en ondertoon so na as moontlik aan jou natuurlike haarkleur sodat jou wortels minder opsigtelik uitgroei. Gekleurde haarsproei­e wat uitgroeikl­eur by jou wortels tydelik verbloem, werk ook goed.

 ??  ?? Top-produk
Die L’Oréal Paris Magic Retouch Instant Root Concealer Spray (R100) is te kry in sewe skakerings – van ligblond tot koper en swart.
Top-produk Die L’Oréal Paris Magic Retouch Instant Root Concealer Spray (R100) is te kry in sewe skakerings – van ligblond tot koper en swart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa