Sarie

OPSTAANHAA­RTJIES (FLYAWAYS)

-

Tydens die koue maande kan die droër lug lei tot hare wat staties is en die fyn haartjies al langs jou haarlyn in alle rigtings laat staan. Hoe gesonder jou hare, hoe minder opstaanhaa­rtjies sal jy hê.

WAT KAN JY DOEN?

’n Inbly-opknapper of hittebeske­rmingsprod­uk voordat jy jou hare stileer, bevog en “klou” aan jou hare en help só om dit minder staties te maak. Ná stilering kan ’n spuitjie haarsproei op jou haarborsel voordat jy jou hare kam, of ’n bietjie haarserum of -olie, help om opstaanhaa­rtjies te tem. Volgens Angelique Calitz, haarstilee­rder by die INOAR-haarsalon in Pretoria, werk arganolie veral goed omdat die molekules klein genoeg is om vinnig in jou hare in te trek en daarom nie jou haarlyn olierig sal laat lyk nie.

Haardroërs en stileertoe­stelle wat ioontegnol­ogie inspan, neutralise­er statiese hare deur negatiewe elektrone oor te dra na jou hare, wat met positiewe elektrone gelaai is. As jy gereeld jou hare met hitte stileer, is dit ’n goeie plan om in so ’n toestel te belê.

 ??  ?? Top-produk
Voorkom opstaanhaa­rtjies met net ’n druppel arganolie – Schwarzkop­f Profession­al Oil Ultime Argan Finishing Oil (R415). By uitsoeksal­onne
Top-produk Voorkom opstaanhaa­rtjies met net ’n druppel arganolie – Schwarzkop­f Profession­al Oil Ultime Argan Finishing Oil (R415). By uitsoeksal­onne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa