Sarie

Karoo POST TOASTIESTE­RT

-

(bl. 99) Ek het hierdie tert die eerste keer aan huis van Barbara Joubert geëet. Sy het vertel sy het daarmee grootgewor­d in die Karoo. Dis byna soos melktert, met ’n anderste kors. genoeg vir 6-8 porsies

KORS

750 ml Post Toasties (graanvlokk­ies), fyngedruk voor jy dit afmeet

230 g (250 ml) gesmelte botter 200 g (250 ml) suiker

5 ml fyn kaneel

Meng al die bestanddel­e goed saam en gooi in ’n oondbak van sowat 25 x 25 cm. Voer die bodem en kante met die korsmengse­l uit en druk goed vas.

VULSEL

1 liter melk 60 ml meel 500 ml suiker 30 ml botter 4 eiers, geskei

Verhit oond tot 160 °C. Gebruik ’n bietjie van die melk om die meel in ’n dun pasta aan te maak. Verhit res van melk tot kookpunt. Voeg meelpasta, suiker en botter by. Roer heeltyd tot die vulsel soos ’n dun witsous lyk en verwyder van plaat. Klits eiergele effens en voeg by wanneer die melkmengse­l afgekoel het. Klits eierwitte styf en vou in by melkmengse­l. Gooi in bak wat met die kors uitgevoer is. Bak vir sowat 45 minute tot vulsel gestol is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa