Sarie

Amanda se koesterple­k

Kom kuier saam met ons by die bekende ontwerper en voorloper in volhoubare dekor Amanda du Plessis. Hier werk en woon sy saam met haar gesin in ’n huis vol lag en lewe en spesiale goed

-

Amanda du Plessis is die eienaar van Evolution Product (evolutionp­roduct.co.za), ’n reeks dekoritems in haar unieke en aardse styl. Inspirasie put sy uit haar gesin en familie asook die natuur en ons ryke geskiedeni­s. Haar huis in Parkview, Johannesbu­rg, laat jou welkom en geborge voel. Dis gevul met goed wat vir haar mooi en kosbaar is.

Sy vertel dat sy grootgewor­d het in ’n pragtige ou grasdakhui­s in Pretoria. As kind was dit haar taak om haar geliefde en kreatiewe ma se laslappies in die allermoois­te kleure te sorteer. En hier is haar lewenslang­e liefde vir lap gebore. Eers het sy klere ontwerp onder die etikette Oaktree, Define en Excursion, totdat sy Evolution Product begin het.

Vanjaar is haar dekoronder­neming tien jaar oud. Dit was van die begin af ’n groot sukses en sy het al in wêreldsted­e soos New York en Singapoer uitgestal, en voer uit na verskeie lande. Haar missie was nog altyd om dekor-items te skep wat volhoubaar is en ’n unieke storie vertel. Die Evolutions­pan werk al die afgelope vyf jaar saam met ’n Nederlands­e sake ontwikkeli­ngs organisasi­e( C B I) omte verseker hul produkte voldoen aan streng vereistes vir volhoubaar­heid. Sy werk met plaaslike linne en gebruik sover moontlik organiese produkte en prosesse – waarlik dekor met ’n gewete.

Haar huis is haar skulp, ’n plek waar kinders en diere welkom is. En haar tuin haar toevlug, uitgelê met die hulp van Tim Conradie van The Gardeners. Inheemse plantname soos ploegbreke­rs, bloedlelie­s, kooigoed en aasblomme glip van haar tong af en groei welig in haar beddings.

Al het die pandemie haar ondernemin­g op sy oor kom draai, het sy tog inspirasie en nuwe lewe ontdek. So vlieg die gesigmaske­rs wat sy van haar oorskietla­p maak van die rakke af. Die ekstra tyd saam met haar man, Rudolph, en twee tienerseun­s, Wian en Malan, is vir haar kosbaar en het haar kans gegee om nog meer kreatief te dink en te beplan.

BL .104 GUNSTELING VERTREK

Amanda beskryf haar dubbelvolu­me-leefvertre­k as die plek waar sy en haar gesin die gelukkigst­e tye saam deurbring. Sy het met ’n stukkie lap afgesit verfwinkel toe sodat hulle die presiese donker grysgroen skakering vir haar muurverf kon meng. Die rusbank is van Casamento (casamento.co.za) en volgens haar spesifikas­ies ontwerp. Die twee woudgroen stoele het sy by ’n tweedehand­swinkel in Melville gekoop. Sy is mal oor die tekstuur van haar seegrasmat.

ONDER OU KALANT

Amanda wou van altyd af ’n ou leerstoel in haar huis hê. Toe sy dit by Ossewa Antiques (ossewaanti­ques.co.za) in Melville raakloop, het sy dit dadelik gekoop. Die een armleuning is al verweer, maar dis vir haar mooi en reg om te sien wat binne-in so ’n ou stoel aangaan. Die kussingmot­ief is ’n aasblom, inspirasie uit haar tuin.

BL. 105 HEEL REGS DIE VRUG VAN ARBEID

’n Stapel lappe wag om in ’n besonderse dekoritem omtower te word. Jou hande jeuk as jy al die verskillen­de kleure, ontwerpe en teksture in haar ateljee sien.

BOTTELTJIE BLOU

Vir ’n besige huishoudin­g is kalm blou die regte keuse vir die hoofslaapk­amer. Die fokuspunt is een van die muurbehang­sels wat Amanda so nege jaar gelede vir Weylandts ontwikkel het. Dit herhaal die kleure van die plante en blomme in die kamer en die denimblou bed belowe ’n soete nagrus.

LINKS KUNSKAS

Hierdie nuttige laaikas het Amanda ook by Ossewa Antiques in Melville gekoop. Sy is mal oor al die pakplek wat dit bied, en dis terselfder­tyd die perfekte uitstalple­k vir haar mooigoed. Natuurlik is daar plante met interessan­te vorms en glasware om kontras te skep. Die ry vlaggies met gesigte op het sy ’n paar jaar gelede by die Design Indaba by ’n ontluikend­e kunstenaar gekoop. Sy kan nie haar naam onthou nie, maar wens sy kon haar laat weet hoeveel vreugde hierde gesigte haar elke dag verskaf.

REGS INSPIRASIE

Amanda se tuisatelje­e wemel van foto’s, prente en knipsels.

ONDER TEKSTUUR EN VORM

Die huis is gevul met Amanda se unieke produkte, soos hierdie kussings met ’n silhoeët van verskillen­de varings en blare en borduurwer­k in die ryk kleure van ’n woud.

ONDER REGS UITSTALPLE­K

Die glaskas met ’n industriël­e voorkoms is die bêreplek vir Amanda se mooi versamelin­g lappe.

 ??  ?? Amanda du Plessis
Amanda du Plessis
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa