Sarie

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

Sophia Kapp oor die hoofkarakt­ers in haar nuwe liefdesrom­an, Kanaän (LAPA Uitgewers, R300)

- Lees die volledige onderhoud met Sophia Kapp op SARIE.com

Wat het jy van die karakter Catherine Baker, later Katryn Cronjé, geleer?

Dat jou lewe gaan oor die gehalte van jou karakter. Dis nie geld of goed of selfs geleenthed­e wat jou besonders maak nie, dis wie jy is, veral as dinge swaar raak, wat jou waarde bepaal. Catherine het elke moontlike vooruitsig gehad om ’n wonderlike lewe te hê, maar dis maklik om wonderlik te lewe as geld die pad vir jou gelykmaak. Katryn moes in die Vrystaat, op ’n plek waar niks sag of koesterend is nie, en tussen mense wat haar nie wou aanvaar nie, vir haarself ’n lewe maak, en dit het sy by uitstek reggekry. Ek dink nie dis ’n sommerso prestasie nie. Chrisjan is ’n uitsonderl­ike man. Hoe het jy sy karakter geskep?

Hy is ’n bietjie soos die manne in my familie. Die stil, sterk tipe, met vroue wat om hulle kwetter en fladder, tot hulle die dag genoeg gehad het en hul voet neersit.

Chrisjan is een van my gunsteling­karakters tot dusver . . . so ’n suiwer siel, so goed tot in die murg van sy gebeente, sonder dat hy dit ooit werklik besef. Hy is nou die verpersoon­liking van die sout van die aarde, die soort man wat beloftes maak en dan daarby hou, wat ’n ding doen omdat dit reg is en nie omdat dit hom laat goed lyk nie, en wat verskoning kan vra as hy verkeerd was. Op die oog af pas hy glad nie by die gesofistik­eerde Catherine nie, maar in werklikhei­d is hy presies die soort man wat sy nodig het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa