Sarie

The Song of the Jade Lily, Kirsty Manning (HarperColl­ins, R320)

-

Joernalist­e is bedrewe skrywers, duidelik ook die geval met Kirsty Manning. Die storie oor die innige vriendskap tussen twee meisies wat in die laat 1930’s in Sjanghai, destyds die Parys van die Ooste, ontmoet en beste vriendinne word, is keurig nagevors en word pragtig vertel. Romy beland in Sjanghai as ’n Joodse vlugteling, maar dan verswelg die oorlog haar vriendskap met Li.

Drie dekades later vind Alexandra ná ’n liefdestel­eurstellin­g in Australië toevlug by haar grootouers, Romy en Wilhelm. Deur hulle kom sy te hore van die familiegeh­eime, ook haar ma en ouma se geskiedeni­s in Sjanghai. Vir Alexandra is dit moeilik om te verstaan, maar sy het geen ander keuse nie as om haar familie in die oë te kyk. Ná Wilhelm se dood keer sy terug na Sjanghai, vasberade om haar en haar familie se verlede wat in die Ooste afgespeel het, uit te pluis.

Die historiese roman is uitstekend nagevors, maar ook goed geskryf en trek jou in.

Mariette Postma

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa