Sarie

Klein Kook & Geniet, S.J.A. de Villiers en Eunice van der Berg (Human & Rousseau, R280)

-

My eksemplaar van Kook & Geniet val al uitmekaar van gebruik, maar ek is te sentimente­el om dit te vervang. Dit was een van die eerste resepteboe­ke wat ek by my ma gekry het. Vreemd om te dink dié boek het al die eerste keer in 1951 verskyn.

Nou is daar ’n kleinsus van die oorspronkl­ike kookboek, spesiaal vir kinders wat wil leer kook. Dis ’n visuele fees, want dis ten volle geïllustre­er met kleurfoto’s.

Kinders word bekend geste laan kombuisger­eedskap en hoe om dit te gebruik. Hulle leer hoe om ’n resep te lees en te volg, asook wat die verskillen­de kookterme beteken. Elke resep word stap vir stap met kleurfoto’s verduideli­k. Die resepte is maklik om te volg en so gekies dat dit in die smaak van ’n jong gehoor sal val. Hier sal hulle leer dat hamburgers nie net uit die kombuis van kitskos restaurant­e kom nie, maar dat hulle dit self kan maak!

’n Lieflike geskenk wat jou kinders se liefde vir kook sal help ontwikkel. Phyllis Green

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa