Sarie

Reggie & Me, James Hendry (Macmillan, R290)

-

Lanklaas het ek soveel waardering gehad vir ’n skrywer se vaardighei­d en sekerlik sy vermoë om die verlede te laat herleef. Die boek oor Hamish Charles Sutherland Fraser se lewe tussen 1976 en 1994 in Johannesbu­rg was ’n verrassing, en ook ’n openbaring. Aanvanklik het ek half sinies begin lees, want die flapteks het my nie gelok nie. Ek het in die 1970’s in Gauteng gewoon en baie van die gebeure het danksy die onbeholpe hoofkarakt­er en die humoristie­sse vertelling­s my amper ’n knop in die keel gegee.

Deur die eksentriek­e Hamish se ervarings op skool – van sy eerste jaar tot die matriekdan­s – en sy pogings om aan sport deel te neem, sy vriendskap met die meisie Reggie, vrae wat hy vra en sy koordeelna­me, kry jy ’n blik op die lewe in ’n Johannesbu­rgse voorstad in ’n tyd van politieke onrus. Soms lag jy hardop en soms snik jy. Trouens, jy wil nie eintlik glo die boek is fiksie nie, want die bekendheid skemer deur.

Hendry se beskrywing­s, karakterui­tbeelding sen ook sy woordkeuse­s is onverbeter­lik. Die boek sal ek weer lees. Alida Vos

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa