Sarie

Out of the Dark, Gregg Hurwitz (Penguin Books, R175)

-

Die Amerikaans­e president Jonathan Bennett sal tot die uiterste gaan om aan die bewind te bly. Evan Smoak is as kind uit die pleegsorgs­telsel geneem en opgelei as ’n sluipmoord­enaar in ’n geheime Koue Oorlogprog­ram. Sy kodenaam was “Orphan X”, maar hy het die program verlaat toe hy uitvind dat dit deur Bennett vir eie gewin gebruik word. Sedertdien bly Evan een tree voor dié wat gestuur word om hom te elimineer. Hy besluit al manier om finaal vry te wees is om Bennett se verlede oop te vlek. Evan, nou bekend as die “Nowhere Man”, help mense wat hulself in moeilike situasies bevind en nie die gereg om hulp kan vra nie. ’n Oproep bemoeilik sake en lei tot Evan se verdeelde aandag. Dit plaas sy lewe en ander s’n op die spel.

Die riller uit die boonste rakke is deel van ’n reeks, maar jy hoef nie die ander te lees om die boek te geniet nie.

Karien Labuschagn­e

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa