Sarie

SARIE Nuwe Gesig, Jonadrie van Aardt: ‘Ek’s anders, en dis oukei’

'EN KYK NOU NET...' Ons 1ste Nuwe Gesig

- DEUR DELIA DU TOIT FOTO’S WILLEM BOTHA STILERING MAGDEL MULLER GRIMERING ALGRIA FERREIRA HARE JEANETTE GENIS

Elkeen van ons het iets wat ons anders maak. Eerder as om te probeer inpas, moet ons juis ons andersheid vier. Jonadrie van Aardt moes hard werk aan haar selfvertro­ue, nou wys sy as die eerste SARIE Nuwe Gesig: Jy is genoeg!

Sy’s skaars 18 jaar oud, maar elke vrou kan iets leer by Jonadrie van Aardt, wenner van die SARIE Nuwe Gesigkompe­tisie 2020: Jy ís genoeg – nes jy is.

Toe sy dit eers besef het, vertel Jonadrie, het sy met nuwe oë na haarself en die wêreld begin kyk.

“Ek is gebore met ’n beauty spot bo my een wenkbrou en in my laerskoolj­are is ek vreeslik daaroor gespot. Dit was baie moeilik en ek het my ma gesmeek dat ek dit kan verwyder. Selfs as tiener, toe ek in 2017 met modelwerk wou begin, het dit my laat voel ek is nie goed genoeg vir die modebedryf nie.”

Al het sy as model kompetisie­s gewen (sy was in 2018 die Figures-modelagent­skap se model van die jaar en het verlede jaar die fotogenies­e afdeling van Mej. Tiener SA gewen), het agentskapp­e haar aangeraai om dit met grimering te verbloem of dit uit te haal op haar foto’s.

En toe vertel haar ma, Naomi, haar van die supermodel Cindy Crawford, wie se unieke beauty spot haar juis gehelp het om bekend te raak. “Ek het nie eens geweet wie dit is nie! Ek moes oor haar gaan oplees en sy het my uitkyk verander. Sy’t gesê ons almal het iets wat ons anders maak en ons moet dit vier. Eerder as om te probeer inpas, moet jy die beste wees wat jý kan wees, met jou unieke trekke. Dís wat dit beteken om genoeg te wees.”

Jonadrie hoop sy kan as Nuwe Gesig hierdie boodskap versinnebe­eld.

“Ek weet al lankal van die SARIE Voorbladge­sigkompeti­sie, maar ek is nog te jonk om in te skryf. Toe ek die Nuwe Gesig-kompetisie sien, was ek so opgewonde. Ek het dadelik gedink dit moet iemand buitengewo­on wees, vars, iets wat mense nie sal verwag nie. En deesdae dink ek dis juis my ongewone beauty spot wat my interessan­t maak.”

Haar voorkoms is nie al rede hoekom sy gewen het nie.

Die Nuwe Gesig moet ’n ambassadeu­r vir SARIE wees, en Jonadrie het kop en skouers uitgestaan. Annemie Lombard, SARIE se digitale redakteur, sê: “Vir SARIE Nuwe Gesig het stemme nie die finaliste bepaal nie – deelnemers is aangemoedi­g om te woeker op sosiale media. Ons het dus die finaliste leer ken deur hul inskrywing op die webtuiste, maar ook deur sosiale media. Honderde het ons inspireer met hul kreatiewe kunswerke, oulike Tiktoks en persoonlik­e stories.

“Sommige finaliste se inskrywing­sfoto’s het met ons gepraat, ander finaliste het hul storie verder vertel op sosialemed­iaplatform­s en SARIE se wekroep van 2020, #JyIsGenoeg, uitgeleef. Jonadrie het albei gedoen – sy het deurgaans met ons gesels op sosiale media, plus haar inskrywing­sfoto’s het dadelik ons aandag getrek. Net só glo ek gaan sy duisende mense se aandag trek met haar voorbladfo­to op vandeesmaa­nd se kleiner SARIE-weergawe.”

Jonadrie het gedurende die kompetisie byna daagliks met haar volgelinge op Instagram en Facebook gekommunik­eer deur oorspronkl­ike, energieke inskrywing­s – van meningspei­lings tot oulike foto’s en video’s. In een video bied sy ’n les vir grimering aan wat jou slegs 15 minute sal neem. In ’n ander sê sy: “As daar ’n geleenthei­d is wat jou aanmoedig om jouself te wees in hierdie chaotiese wêreld, moet jy dit aangryp.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ek is vreeslik gespot oor my beauty spot. Maar Cindy Crawford het my uitkyk verander . . . Wees die beste wat jý kan wees, met jou unieke trekke
Jonadrie
Ek is vreeslik gespot oor my beauty spot. Maar Cindy Crawford het my uitkyk verander . . . Wees die beste wat jý kan wees, met jou unieke trekke Jonadrie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa