Sarie

Fiksie vs waarheid: Het Deon Meyer se Koors virus voorspel?

Het Deon Meyer se Koors die coronaviru­s ‘voorspel’? Maar dan is dit nie van vandag af dat boeke, TV-reekse en flieks soms die waarheid vooruitloo­p nie. Fiksie word dan feit – en die vrees werklikhei­d

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

“Hulle het geweet Die Koors kom uit Afrika. Hulle het geweet dit was twee virusse wat kombineer het, een van mense en een van vlermuise (. . .) ’n Man lê iewers in Afrika onder ’n veselpersk­eboom. Die man se weerstand is laag, want hy is MIV-positief én hy kry nie behandelin­g daarvoor nie. Daar is al klaar een koronaviru­s in die man se bloed. Dis nie eienaardig nie. Koronaviru­sse kom nogal algemeen voor. In die era voor Die Koors het hulle minstens van vier geweet wat griep- en verkouesim­ptome in mense veroorsaak (. . .) In die veselpersk­eboom sit ’n vlermuis, met ’n ander soort koronaviru­s in sy bloed. Die vlermuis is siek. Diarree veroorsaak dat hy mors op die man onder die boom se gesig, sy oë, of sy neus, of sy mond (. . .) ’n Nuwe koronaviru­s word gebore . . .”

Vervang Afrika met China en maak enkele ander klein veranderin­ge en dit kan maklik iets wees wat jy die laaste paar maande in die media gelees het. Die woord “coronaviru­s” is wêreldwyd op almal se lippe. En ons raai-raai nog maar waarvandaa­n dit kom: vlermuis, ietermagog, genade, dalk mensgemaak? Ons laat mos nie altyd toe dat feite inmeng met wat ons wíl glo nie.

Nes die gewilde krimi-skrywer Deon Meyer sy verbeeldin­g op loop laat gaan het met die skrywe van sy apokalipti­ese boek, Koors (2016). Want dis uit dié boek wat die boonste uittreksel kom. Ja, vertel Deon, sy boek hét skielik weer baie aandag in die media gekry, veral in Europa en ook plaaslik. In die eerste paar weke van die inperking het hy daagliks Zoom-onderhoude daaroor gedoen, selfs met ’n radiostasi­e in Suid-Korea.

Dit was “’n vreemde gewaarword­ing”, sê Deon, toe Covid-19 sy spiere begin bult en hy besef daar is raakpunte met sy boek. “Met die aanvanklik­e nuus uit China het ek eers vermoed dit gaan maar net so ’n skrikmaker­tjie wees. Soos voëlgriep ș1996ț en varkgriep ș2009-’10ț. Toe word Wuhan onder streng inperking geplaas en ek wéét: Hier kom ’n ding wat baie aan Koors herinner. Maar ek het darem vroeg in die pandemie se ontwikkeli­ng besef Covid-19 is nie naastenby so dodelik soos die virus in my boek nie.”

Nog ’n skrywer wat dalk regop gesit het, is die Amerikaner Dean Koontz. ’n Fiktiewe spanningsv­erhaal uit sy pen trek skielik wyd aandag. ’n Skermgreep van ’n bladsy uit die boek, The Eyes of Darkness, wat reeds in 1981 verskyn het, het sedert die pandemie wye draaie op sosiale media geloop. Hy “voorspel” daarin glo die coronaviru­s.

“To understand that,” Dombey said, “you have to go back twenty months. It was around then that a Chinese scientist named Li Chen defected to the United States, carrying a diskette record of China’s most important and dangerous new biological weapon in a decade. They call the stuff ‘Wuhan-400’ because it was developed at their RDNA labs outside the city of Wuhan, and it was the four-hundredth viable strain of man-made microorgan­isms created at that research center.”

In die skermgreep is die laaste sin in skreeuende oranje onderstree­p. “They call the stuff Wuhan-400 . . .” Tromslae . . . rillings. Pure toeval, het hy deur sy reklameage­nt laat weet.

Dit kos net ’n Google-loer om te sien Wuhan se instituut vir virologie, eers die mikrobiolo­giese laboratori­um, bestaan reeds van die jare vyftig af. Dean het dus bloot sy huiswerk gedoen.

Maar wie weet watter kronkelpaa­ie vat ’n skrywer se kop? Morgan Robertson se boek Futility vertel die storie van

’n groot skip wat in die noordelike Atlantiese Oseaan sink ná dit ’n ysberg tref. Daar is baie ooreenkoms­te tussen die skip, die Titan, en die Titanic. Vreemd? Ja, want die boek is in 1898 geskryf, 14 jaar voor die Titanic se donker watergraf.

Kry skrywers dalk soms glimpse van die toekoms – ’n kombinasie van baie navorsing, peins oor ’n onderwerp?

Wat dan uiteindeli­k hande vat met ’n ander, onsiende, nielogiese wêreld? Of is dit meer prosaïes, net ’n reeks lukrake toevalligh­ede?

“Ek vermoed dis ’n kombinasie,” sê Deon. “Skrywers is oor die algemeen groot șnuus-țlesers. Ons is altyd op soek na stories, maar ook nuuskierig en wil in voeling met die zeitgeist bly. Die onderbewus­syn word dus voortduren­d met data gevoer, waar die verbeeldin­g dit gebruik om te projekteer en ekstrapole­er vir moontlike verhaallyn­e. In die proses gaan mens sekerlik nou en dan ’n gelukkige ‘voorspelli­ng’ maak.”

As daar “sieners” in sý storie is, sal Deon eerste wees om te sê, is dit die twee kundiges by wie hy aangeklop het om geboorte aan sy virus te gee: proff. Wolfgang Preiser, viroloog aan die Universite­it Stellenbos­ch, en Richard Tedder aan die University College London. Dis húlle wat ’n coronaviru­s as die beste kandidaat geïdentifi­seer het. Hoewel hulle gereken het om 95% van die wêreldbevo­lking af te maai, soos in Deon se boek gebeur, is gans te pessimisti­es.

“Gaan kyk mooi na die wetenskapl­iteratuur van die afgelope twintig jaar en jy sal sien daar was tallose waarskuwin­gs oor viruspande­mies, die ontwikkeli­ng van superbakte­rieë en natuurlik aardverwar­ming,” hervat Deon. “Dis gedoen deur baie slim mense wat na feite gekyk het. Ek onthou ’n artikel in die nuustydskr­if Time hier in 1996 wat deurtasten­d berig het oor die volgende viruspande­mie wat op pad is en dat ons nie voorbereid is nie.” Die groot vraag is natuurlik nou: Gaan die mensdom hom steur aan die antibiotik­a-krisis en aardverwar­ming voor dit te laat is? En die antwoord is waarskynli­k “nee”, reken hy.

Daar wás al vele waarskuwin­gs oor virusse deur wetenskapl­ikes, selfs deur Bill Gates. Skrywers haak net daarby aan, sê fliekfoend­i Leon van Nierop. “’n Virus is die laaste paar jaar reeds nuuswaardi­g en die algemene siening is dat die Derde Wêreldoorl­og ’n virus-oorlog gaan wees – sonder dat ’n skoot geskiet word. Eintlik is ons lankal daar. Dink aan biologiese oorlogvoer­ing en die Noord-Koreaanse bedreiging.”

< Hoeveel bedreiging­s kan daar ook nou in stories uitspeel, gaan hy voort. ’n Virus moet een of ander tyd aan die beurt kom. Soveel rampe het boonop al die wêreld in flieks getref, daar is niks nuuts onder die son nie. Dink aan reuse-getygolwe wat San Francisco en Los Angeles beslis in die toekoms gaan tref. Nageboots in The Wave (2015), Geostorm (2017),

San Andreas (2015) en vele ander. Een of ander tyd gaan dit gebeur. Profeties? Nee, rolprente gebruik sulke temas om geld te maak, volgens hom, want hul stories raak op.

En so, midde-in die Covid-19pandemie, beveg Binnelande­rs se personeel toe ook ’n misterieus­e, gevaarlike virus. Nou moet jy onthou, dié TV-sepie word maande vooruit geskiet. Die storielyn is reeds in November verlede jaar gekonseptu­aliseer en geskryf, vóór die coronaviru­s toegeslaan het. Net nog ’n storielyn. En heel toevallig dat dit nou, in die tyd van Covid-19 en die grendeltyd, uitgesaai is, sê die vervaardig­ers op Netwerk24.com.

Sulke stories is meestal vae afskynsels van die werklikhei­d. Leon onthou hoe baie spioenasie­stories in sy kinder- en jongdae al oor virusse gegaan het. “Dink maar aan die eerste James Bonds waar ’n bose wetenskapl­ike ’n virus op aarde wou loslaat en dan net betyds gekeer word, met die buisie wat in stadige beweging deur die lug trek en gevang word – net betyds! Nie een was juis in die kol nie. Die 2011-fliek

Contagion is die enigste uitsonderi­ng waaraan ek kan dink wat met verstommen­de akkuraathe­id voorspel het wat tans gebeur. Skrikwekke­nd profeties en realisties soos dit mag voorkom, bly dit ’n vloekskoot.”

Contagion, met Kate Winslet, Matt Damon en Jude Law, is tydens die pandemie met ’n spoed aanlyn afgelaai en op verskeie webtuistes geanalisee­r en gedissekte­er. Baie het tot die gevolgtrek­king gekom dat dit sekere voorspelli­ngs oor die huidige corona-uitbreking gemaak het. “Stephen King het die dodelike virus-ontmoet-die-bonatuurli­ke gedoen met The Stand ș1994ț,” lui een resensie. “Steven Soderbergh șContagion se regisseurț ewenaar dit met iets nog skrikwekke­nder: die koue, harde, mediese werklikhei­d.”

Deon som op: “Die groot katastrofe-flieks soos

Armageddon en Deep Impact șalbei 1998ț, om nie eens van die zombie-apokalips-genre te praat nie, gebruik ons vrees vir die onbeheerba­re șvan veral natuurramp­eț om ons in die karakters se stryd te laat investeer. Daar gaan altyd ’n sekere persentasi­e van dié rampflieks wees wat uiteindeli­k die werklikhei­dskol tref. En dan is daar die ernstiger fliekmaker­s – soos Contagion s’n – wat meer ondersoeke­nd daarna kyk.”

As jy egter vuur en swael soos in die katastrofi­ese flieks verwag het, lyk die werklikhei­d ’n bietjie anders. Eindelose bespreking­s oor hoe om van die huis af te werk. En wanneer kan ons weer rook?

In Koors, net soos in The Eyes of Darkness, is die virus natuurlik mensgemaak. Daaroor vlieg baie sameswerin­gsteorieë nou op sosiale media rond. “Ek is nogal verbaas dat sulke mense glad nie Koors as voorbeeld gebruik of met my kontak probeer maak nie,” sê Deon toe ek hom daaroor vra.

“My enigste verklaring is dat dié malkoppies nie lesers is nie.”

Een TV-reeks wat die afgelope drie dekades skynbaar met reëlmaat die toekoms raakvat, is The Simpsons. In ’n episode

(in 1997 uitgesaai) wat glo 9/11 voorspel, koop die geliefde geanimeerd­e familie ’n gidsboek in New York. Langs ’n afbeelding van die Twin Towers staan “$9”, wat glo sinspeel op 9/11. Maar ook dié satiriese reeks se skrywers het nie ’n kristalbal nie. D’oh! Dis die produk van briljante mense wat koppe bymekaarsi­t, sê William Irwin, Amerikaans­e filosofiep­rofessor en skrywer van die boek The Simpsons and Philosophy. ( Ja, die twee woorde staan langs mekaar – en dis boonop ’n ernstige boek wat vir studente voorgeskry­f word.) Daar is talle slim verwysings gemeng met die kwinkslae: Na kuns, literatuur, politiek en die wetenskap. Wanneer soveel intelligen­te mense iets vervaardig – baie van hulle het glo aan Harvard studeer – gaan daar noodwendig ’n paar verrassend­e “voorspelli­ngs” wees. En deurdat dit so lank reeds op die lug is, is net mooi enigiets moontlik, het Irwin volgens The Irish Times (irishtimes.com) gesê. Weer daai woord, toeval.

In ’n episode rondom die eeuwisseli­ng word ’n toekomstig­e Lisa uitgebeeld as Amerikaans­e president – en sy neem by Donald Trump oor. Hoewel Trump in daardie stadium in die media bekend was, het hy nog nie tot die politiek toegetree nie. Terwyl ons nou oor die Yanks praat: Leon sê (skertsend) die rolprent The Omen waarsku die duiwel self gaan president van Amerika word. Hy word tydens die fliek se verskyning in 1976 daarvoor grootgemaa­k.

Nee! Nie hy-aan-wie-jy-nou-dink nie. Hy was toe reeds ’n rype dertig.

Deon Meyer FOTO JOSIE BORAIN

Die onderbewus­syn word voortduren­d met data gevoer Deon Meyer

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Virus tot getygolf . . . Ook net soveel rampe kan die aarde tref, daarom word dieselfde temas oor en oor in boeke, TV-reekse en flieks herhaal.
Virus tot getygolf . . . Ook net soveel rampe kan die aarde tref, daarom word dieselfde temas oor en oor in boeke, TV-reekse en flieks herhaal.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa