Sarie

50/50-aanbieder Kia Johnson: Luister, die aarde maak musiek

- – Lydia van der Merwe

“Ek voel die aarde onder my voete, die blare wat beweeg soos die windjie liggies verbyseil. Ek vind absolute vreugde in hierdie stilte. Onder my loop piepklein insekte rond, skynbaar sonder ’n kommer in die wêreld. Is hulle ooit bewus van my wat bokant hulle uittroon?” In sulke stil oomblikke, weg van die lewe se gewoel, is dit vir Kia Johnson, ankeraanbi­eder van die natuurprog­ram 50/50 en aanbieder by Radio Tygerberg, maklik om die mens se verbinteni­s met elke lewende wese op die aarde te sien. Groot of klein, ons het almal ’n rol om te speel, glo sy. “Ek was reeds lief vir hierdie aardbol sedert ek as klein kindjie huise vir die insekte gebou het. Hierdie pragtige planeet wat ons huis noem, het my nog altyd met verwonderi­ng vervul. David R. Brower, die bekende Amerikaans­e omgewingsk­undige, het gesê: ‘We may learn anew what compassion and beauty are, and pause to listen to the Earth’s music.’ Ek voel my verbinteni­s tot die aarde met elke deel van my siel. Laat ons beskerm wat ons het, sodat ons in groter harmonie met die natuur kan leef.”

 ??  ?? FOTO NICHE DIGITAL AND AUDIO PRODUCTION­S HARE ALONA TIMMERS
GRIMERING MADELEINE BOTHA ROK BELIEVE COUTURE
FOTO NICHE DIGITAL AND AUDIO PRODUCTION­S HARE ALONA TIMMERS GRIMERING MADELEINE BOTHA ROK BELIEVE COUTURE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa