Sarie

Ongewone tekens van hartsiekte

-

Jy kan nie jou hart in jou borskas sien klop nie. In elk geval nie sonder spesiale beeldingst­egnologie nie. Dikwels is ’n hartaanval die eerste teken dat iets verkeerd is. Maar daar ís sigbare, eksterne dinge wat kan aandui daar is fout VETTERIGE KNOBBELS

Dié geel knoppies, xantome, kan op die elmboë, knieë, boude of ooglede verskyn. Die knoppe self is onskadelik, maar kan ’n aanduiding van groter probleme wees. Dit word meestal by mense gesien met familiële hiperchole­sterolemie, buitengewo­ne hoë vlakke van sogenaamde “slegte” cholestero­l. So hoog is die cholestero­lvlakke, dit vorm ’n neerslag op die vel. Ongelukkig bou dit ook in die slagare op.

TROMMELSTO­KVINGERS

Jou vingernael­s verander van vorm, verdik en word wyer. Genoeg suurstofry­ke bloed bereik nie die vingers nie en in die proses om die probleem te probeer regstel, word meer weefsel vervaardig. Ook bekend as Hippokrati­ese vingers, die Griekse geneesheer wat dit eerste beskryf het. Dis die oudste bekende mediese simptoom, pynloos en gebeur op albei hande.

‘GEKREUKELD­E’ OORLEL

Oftewel ’n duidelike, diagonale voutjie in die oorlel (Frank se teken). Studies het bevind daar is ’n verband tussen dié voutjie en ’n groter risiko vir arterioskl­erose, wanneer plaak in jou slagare opbou. Bekendes met een is George W. Bush, Mel Gibson en Steven Spielberg. Dis nie duidelik hoekom daar ’n verband is nie, maar kan dalk gedeelteli­k iets met ’n embriologi­ese oorsprong te doen hê.

LIGKRANS OM DIE IRIS

Vetterige neerslae kan ook in die oog gesien word: as ’n gryserige sirkel aan die iris se buitekant. Dit begin by die bo- en onderkant van die iris en ontwikkel tot ’n volledige sirkel. Dit beïnvloed nie jou sig nie. Sowat 45% van mense bo 40 en 70% bo 60 het dit en dit word verbind met sommige van die risikofakt­ore vir hartsiekte. Ook grysaardsb­oog genoem.

ZOMBIE-LIPPE

Jou lippe is blou, weer eens weens die hartvatste­lsel se onvermoë om suurstofry­ke bloed aan weefsel te verskaf. Jou lippe kan natuurlik ook blou van die koue wees, waarskynli­k weens ’n tydelike gebrek aan suurstof.

* Al bogenoemde simptome kan ook ’n nie-skadelike oorsprong hê. Vra jou dokter as jy twyfel. ** September is Hartbewust­heidsmaand. BRON: The Conversati­on (theconvers­ation.com)

 ?? DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com ??
DEUR LYDIA VAN DER MERWE lydia.vdmerwe@sarie.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa