Sarie

HEIDELBERG-FEES

-

Maak mooi met jouself, het sy ma hom geleer. Nou maak die bekende Niël Rademan mooi in sy grootwordk­ontrei, Heidelberg, Kaap, met ’n klein, intieme kunstefees wat groot name trek. Hessequa Harmonie gee dié platteland­se gehoor weer iets om saam te beleef, terwyl nodige veiligheid­smaatreëls nagekom word. Die fokus is op klassieke musiek en woordkuns, met bekendes soos Nina Schumann, Elna van der Merwe, Cintaine Schutte, June van Merch, Elsabé Daneel, Riana Scheepers en ander. Wanneer: 15-19 September

Vir meer: hessequaha­rmonie.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa