’N SKAKERING VIR ELKE KIND
Liggoud, diepste amandel, mediumdiep-roos . . . wat jou kind se velskakering ook al is, daar is nou ’n vetkryt waarmee sy haarself kan teken en inkleur – net soos sy lyk. Crayola se nuwe Colors of the World-vetkryte bevat 24 spesiaal geformuleerde kleure. Die kleure is oor agt maande saam met ’n voormalige topchemikus van M.A.C Cosmetics ontwikkel om alle rasse, etniese groepe en kulture in te sluit.
Bron: bestproducts.com