Sarie

LEER JOU EIE SALON BESTUUR

-

Nou kan jy ook jou pad in die skoonheids­bedryf uitkerf en selfs ’n bestuurder word. Isabel Carstens-Roos, besturende direkteur van die

Isa Carstens Akademie, glo daarin om vroue te bemagtig. Daarom spog die opleidings­instansie met ’n splinternu­we aanlyn kursus in salon- en spabestuur. Dié deeltydse kursus, wat ses maande duur, is ontwikkel om jou of terapeute wat reeds in die bedryf werk, toe te rus met die vaardighed­e en kennis nodig om ’n salon of spa doeltreffe­nd te bestuur. Na afloop van die kursus het studente die opsie om deur die wêreld se voorste raad vir kosmetieks­tandaarde, Cidesco, geakkredit­eer te word sodat hulle internasio­naal kan werk. Besoek isacarsten­s.co.za

Die Isa Carstens Akademie is ’n borg van SARIE Voorbladge­sig en SARIE Nuwe Gesig. Die wenner van SARIE Nuwe Gesig (sien bl. 22) kry ’n hele jaar se bederfbeha­ndelings by Isa Carstens se salon op Stellenbos­ch. Die behandelin­gs sal fokus op ’n tienervel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa