Sarie

HARTSEER IN PLOOILOSE GESIGTE

-

Ek lees: “Ons sestigers kan die millenniër­s en sommer ook die huidige Generasie Z ’n ding of twee wys . . .” (Julle sê, Julieuitga­we) Inderdaad soos goeie rooiwyn wat met jare net beter word. Maar waar is die grasie in hierdie

verouderin­g? Die gedrukte en ander media wys dat sestigers in der waarheid nou ook soos veertigers lyk. Soos Twiggy in die 1960’s die wêreld gaande gehad het met haar wilgerlatl­yfie en maer die motto geword het, het Botox en fillers juis hierdie “Baby Boomers” beet. Die hartseer is vervat in die plooilose, amper

uitdrukkin­glose gesigte oral. Geen emosie iewers te lees of die rypheid van baie lag, ’n vol lewe met al sy vreugdes en pyn of hartseer nie. Nee, die norm is nou eerder om nie ouer te lyk as jou tiener-kleindogte­r nie. Die ewige jeug! Daarin lê onbeskryfl­ike hartseer. Dorette du Toit, Bloemfonte­in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa