Sarie

WAT KOS DIT?

-

’n Goeie reël vir jou begroting in Boekarest: die lewenskost­e is baie dieselfde as in SuidAfrika. R80 vir ’n pizza of sop, R40 vir ’n cappuccino en R35 vir ’n bier. By ’n weelderige restaurant soos Caru’ cu bere met sy donkerhout­meubels, kandelare en loodglasve­nsters, kan jy (effens suinig) wegkom met ’n tradisione­le driegangma­altyd en ’n glas wyn teen R380 per persoon

(carucubere.ro/en). Taxi’s is nie duur nie, maar gebruik eerder die metro, wat R10 per rit kos en doeltreffe­nd is. Verkeer is altyd ’n knop in die keel. Transsilva­nië is goedkoper, maar nie juis vir toeriste nie. Inkopies by plekke waar die inwoners dit (goedkoper) doen, is moeilik weens die taal en mense wat nie vreeslik tegemoetko­mend is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa