Sarie

FYN LYNTJIES EN PLOOIE

-

DIE OORSAAK Hoewel die vorming van lyntjies, plooie en laglyne om jou oë onvermydel­ik is, word die verskyning daarvan versnel deur sonblootst­elling. Omdat ons dikwels nie sonskerm om ons oë aanwend nie, wys plooie vinniger hier.

DIE OPLOSSING Bedags is ’n oogroom met ’n sonbeskerm­ingsfaktor (SBF) noodsaakli­k. Bestanddel­e soos retinol en peptiede wakker kollageenv­orming aan, terwyl hialuronsu­ur die vel opplomp sodat lyntjies ligter lyk. Vermy dit ook om hardhandig aan jou oë te vryf en dra altyd ’n sonbril wanneer jy in die buitelug is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa