Sarie

DROOGHEID EN ROOIHEID

-

DIE OORSAAK Omdat die vel om jou oë dun is en minder oliekliere bevat, is ekstra hulp nodig om die vel hier gehidreer te hou. ’n Verlies aan vog beteken die vel voel droog en geïrriteer­d en fyn lyntjies wys vinniger. Die gebruik van verkeerde produkte en die hardhandig­e verwyderin­g van ooggrimeri­ng kan ook lei tot rooiheid en droogheid.

DIE OPLOSSING Soek ’n oogroom met galambotte­r, seramied en hialuronsu­ur om jou vel te voed en bevog. As jy in jou vroeë 20’s is en wonder watter oogroom om mee te begin, is ’n bevogtigen­de een jou beste opsie, sê Yolandé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa